AfriForum hou die Moot veilig
Die onderskeie projekte vorm deel van AfriForum se #VegEnBou-week.
AfriForum se onderskeie takke in die Moot het verlede week geswoeg en gesweet om die Magaliesberg tussen Slagtersnek- en 28e Laan te patrolleer.
Die onderskeie taakspanne van Oos- en Sentraal-Moot-takke het ook ’n skoonmaakprojek gehou waar hulle die plaaslike spruit skoongemaak het.
“Sowat 30 mense het aan die bergpatrollie deelgeneem,” sê Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir die groter Pretoria-Noord-area.
“Dié patrollie is gedoen omdat misdadigers die berg dikwels as ’n ontsnappingsroete en wegkruipplek gebruik.”
Die onderskeie projekte vorm deel van AfriForum se #VegEnBou-week.
“Takke en gras is in die spruit gesny en rommel is opgetel.”
Steynberg sê verder dat die spruit gereeld skoongemaak moet word aangesien dit ook ’n groot veiligheidsrisiko in die area vir inwoners dien.
LEES OOK: AfriForum sluit #VegEnBou-week in die Moot af
Diewe en sluipslapers maak gebruik van beboste gebiede.
Aan die begin van die maand het AfriForum se Wes- en Sentraal-Moot-buurtwagte ’n plan van aksie ingeoefen het sodat buurtwagte weet wat om te doen wanneer ’n voertuig gesteel word.
Tydens die #VegEnBou-week is veiligheids-oudits by vyf skole, laerskole Pierneef, Villieria, Wonderboom-Suid asook hoërskole Wonderboom en Tuine gedoen.
Dié oudit word by skole gedoen om die veiligheid van onderwysers en leerders te verseker en om seker te maak dat die skool ontruimingsprosedures en noodplanne in plek is.
’n Terrein-inspeksie is ook tydens die oudit uitgevoer om swakpunte op die terrein aan die skoolbestuur uit te wys.
JP Nel, AfriForum se distrikskoördineerder vir die groter Pretoria-Suid-area, sê hul organisasie wat die Afrikanerkultuur- en erfenis koester, skep hoop en ’n toekoms met die #VegEnBou-plan.
“Die gemeenskappe moet eienaarskap van hul gebiede neem en proaktief en selfstandig optree. Elke klein projek dra by tot die welstand en selfstandigheid van jou gemeenskap,” sê hy.
Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.
For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:
For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
