Local newsNews

Moot-inwoner vier 103de verjaarsdagvieringe

"Van ons grootste herinneringe wat ons altyd van ouma se bybly, is haar blikke vol gemmer-, soet-, koffie- en vlakoekies."

’n Inwoner van die Ouderus-ouetehuis in Queenswood, Pretoria, het Woensdag haar 103ste verjaarsdag gevier. Gerrie Horn is op 21 Oktober 1917 in Witbank, waar sy meeste van haar grootword-jare gewoon het, gebore. Sy het op die ouderdom van 96-jaar-oud na Pretoria verhuis om nader aan haar familie te wees.

Haar enigste kind, Harry Kruger, het Woensdag vir haar ’n bos rose ter gelukwensing gebring.

’n Paar van haar naaste vriende in die tehuis het ook die dag saam met haar ’n heerlike snytjie koek geniet. Haar resep om so oud te word?

Gelifde ouma Gerrie Horn het Woensdag 103 jaar oud geword.

“Die Here se genade,” het ouma Gerrie gesê. Kleindogter Leonara Möller het Vrydag aan Rekord gesê dat hulle as familie ouma Gerrie die Here se genade en seën sal toebid in die tyd wat sy nog vir hulle gespaar sal word. Haar gunsteling-blom is pienk rose en sy het al die jare self tuin gemaak en baie pryse vir haar spogtuin in Witbank gewen.

Tegnologie-toestelle soos televisie, die mikrogolfoond, rekenaars en selfone was van die dinge wat sy eerstehands ervaar het.

“Ons het ons ouma sewe maande laas weens die pandemie gesien. Ons wou bitter graag hierdie spesiale dag saam met haar spandeer het,” vertel Möller. Ouma Gerrie het drie kleinkinders en agt agterkleinkinders.

LEES MEER: Elements of a classic French garden

“Voor die pandemie, het die Van der Merwe’s (ouma Gerrie se nooiensvan) die laaste Sondag van Oktober-maande almal bymekaar gekom waar ons lekker makietie gehou het.” Ouma Gerrie is allergies vir byna elke medikasie, en tot en met vandag toe gebruik sy Panado-stroop. “

Van ons grootste herinneringe wat ons altyd van ouma sal bybly, is haar blikkies vol gemmer-, soet-, koffie- en vlakoekies.

“Op Kersdag was daar genoeg kos vir twee dae. Sy glo glad nie in ’n mikrogolfoond nie en het elke Kersfees liplekker skaapboud en hoenderpastei voorberei,” het Möller gesê. Ouma Gerrie se haartjies was tot en met 100-jaar-oud elke dag op ’n Sondag net voor kerk gedoen.

Op die ouderdom van 103, lyk sy steeds deftig en herinner haar kleinkinders gereeld om haar klere in pakkies bymekaar te hang – elke broekpak met sy bloesie en serpie.

Oupa Koos Horn is ongeveer 30 jaar terug oorlede. Dié deftige dame was een van 12 kinders.

 

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites:

Rekord East

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button