Local newsNews

Garsies reik uit na Derdepoort armes

“Daar was in totaal ongeveer 1,6 ton skenkings by die Derdepoortgemeenskap afgelewer."

Die Derdepoort-uitreik is ’n jaarlikse liefdadigheidsuitreik wat deur die Garsiehart-komitee van Hoërskool Garsfontein vir die gemeenskap gedoen word.

Garsiehart bestaan uit ’n leerderkomitee van die skool wat verantwoordelik is vir die liefdadigheidsprojekte binne en buite die skool.

Garsiehart word deur een van die skool se onderhoofseuns, Hermann Meier, en een van die onderhoofdogters, Nadia Potgieter, bestuur.

Die Derdepoort-gemeenskap het ongeveer 160 behoeftige gesinne.

Die hemp is in seksies opgedeel en elke seksie het ‘n bepaalde gewig van die skenkings aangetoon. Foto: Verskaf

Die uitreik is ’n manier waarop die skool, die gesinne kan ondersteun deur skenkings aan hulle te voorsien.

Tradisioneel het Garsies tweedehandse klere, skoene en speelgoed asook tandeborsels ingesamel, wat dan met ’n jaarslikse Kersete en kuierdag aan die gemeenskap oorhandig word.

Ongelukkig as gevolg van die koronavirus, kon die uitreik nie in 2020 plaasvind nie.

Hoërskool Garsfontein het egter verseker dat dié virus nie ’n demper sit op hul entoesiasme vir die jaar se uitreik nie.

Hulle het met drie oulike idees vorendag gekom.

’n Groot banier is deur die Garsiehart-komitee in die vorm van ’n hemp opgesit.

Die hemp is in seksies opgedeel en elke seksie het ’n bepaalde gewig van die skenkings aangetoon.

Die hemp is ingekleur om die gewensde gewig aan te toon soos die skenkings ingestroom het.

Twee ander baniere is ook gemaak om leerders van die projek bewus te maak.

Een van die baniere is aan die Derdepoort-gemeenskap geskenk.

Elisma Reid van Hoërskool Garsfontein sê dat hierdie skenkingsprojek ’n groot sukses was.

“Daar was in totaal ongeveer 1,6 ton skenkings by die Derdepoort-gemeenskap afgelewer insluitend klere (enige hemde, broeke, skoene), kombuisware (vurke, lepels, messe, koppies, borde), toiletware (seep, toiletpapier, tandepaste, tandeborsels), blikkieskos (enige nie-bederfbare produkte) en spesiale produkte (souse, speserye, lekkers),” sê Reid.

Die maatskaplike werker van die Derdepoort-gemeenskap sê dat die kinders van Derdepoort vir die afgelope 20 jaar nog net tweedehandse klere ontvang het.

Die Garsiehart-komitee wou graag vir elkeen van die kinders ’n nuwe kledingstuk gee.

“Om dit te don doen, moes ’n totaal van 160 hemde ingesamel word.

“Ons het meer as dubbel die voorgeskrewe hoeveelheid hemde per graad ontvang. ’n Totaal van meer as 480 nuwe hemde is vir die kinders gegee,” sê sy.

Vir die projek het die Garsiehart-komitee vir die leerders gevra om eenvoudige resepte waarin goedkoop bestandele gebruik word, te bring.

Die resepte is aan elke gesin by Derdepoort gegee, sodat elke huishouding vir hulself nuwe disse kan maak met goedkoop bestanddele.

Meier sê dat dit hom na aan die hart lê om ’n verskil te maak.

“Veral as jongmens, beteken dit baie om ’n verskil tydens die pandemie in ’n behoeftige gemeenskap te kon maak,” sê Meier.

Potgieter het op haar beurt gesê dat die projek vir haar nuwe perspektief gegee het.

“’n Mens besef nie altyd waardeur jou medemens gaan nie.

“Om liefde en hulp te kan gee is ’n voorreg,” sluit sy af.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button