Local newsNews

Zwarries laat rekords spat

Hoërskool Zwartkop se nuutste skaak- en atletiekprestasies.

Anri de Villiers, ’n graad 9-leerder van Hoërskool Zwartkop is aan die einde van 2020 genooi om aan die FIDE Online World Cadets & Youth Rapid Chess Championships deel te neem. Dié toernooi het plaasgevind vanaf 27 November tot 23 Desember.

In haar ouderdomsgroep was sy een van drie meisies wat gekies is om Suid-Afrika te verteenwoordig.

Anri de Villiers. Foto: Verskaf
Divan Vlok in aksie tydens die 400m by Hoërskool Zwartkop se interhuisbyeenkoms. Foto: Verskaf

In die eerste fase, wat bestaan uit sewe rondes, behaal Anri die tweede plek in die kampioenskappe en is sy is ook die enigste Suid-Afrikaner wat die topdrie behaal het in haar ouderdomsgroep.

Verder is Anri bekroon as die tweede beste o.14-skaakspeler in Afrika en verwerf haar SA-kleure.

Op 5 Maart het 27 van Hoërskool Zwartkop se leerders aan ’n interne skaaktoernooi deelgeneem. Hierdie leerders (gr 8 tot 12) het vyf rondes teen mekaar uitgespeel. Dit is ook by hierdie byeenkoms waar Anri as die kampioen uit die stryd tree. Sy het al haar wedstryde gewen.

Rico Coetzer in aksie tydens die 800m. Foto: Voorsien

Heinrich Smuts (gr. 11) stap met die tweede plek weg, Minette de Souza- Allegrio (gr. 10) eindig derde, Meirin Wasserman (gr. 12) neem die vierde plek in en James Nel (gr. 10) eindig vyfde.

Anri is ’n fenomenale skaakspeler en ons kan nie wag om te sien wat sy nog gaan bereik in hierdie jaar nie.

By Hoërskool Zwartkop is die buitemuurse aktiwiteite sterk op dreef, natuurlik met die gegewe Covid-protokol in plek.

Tydens die Zwarrie interne atletiekbyeenkoms het die atlete puik presteer. ’n Ongelooflike 30 interhuisrekords is gebreek. Van die rekords wat gespat het, is vir soveel as 34 jaar reeds staande.

Rico Coetzer breek die 22 jaarlange 400m seuns o.14-rekord in ’n tyd van 54:63s sowel as die 31 jaarlange 1 500m-rekord met ’n nuwe tyd van 4:11,40. Hy kry dit reg om die 800m-resies in ’n tyd van onder twee minute te voltooi met ’n tyd van 1:58,8s.

Klarissa Engelbrecht breek die o.15-meisies 800m-rekord wat 35 jaar reeds bestaan het, in ’n nuwe tyd van 2:17,10. Li-Mari Dekker breek onderskeidelik die o/16-meisies 800m sowel as 1 500m rekords wat 34 jaar gelede opgerig is.

Leoni De Sousa Rossouw slinger die diskus tydens die o.17-kompetisie. Foto: Verskaf

Leoni De Sousa Rossouw breek die diskus o.17-meisies rekord met ’n nuwe afstand van 39,52m. Die vorige rekord is 32 jaar gelede opgestel. Divan Vlok is die o.17-seuns spoedvraat wat die 21 jaarlange 200m-rekord met ’n pragtige tyd van 22,57s verbeter het. Divan het ook die 400m-rekord met ’n tyd van 43,31s verbeter.

Ses Zwarrie-onderwysers het onlangs hul ASA-vlak 1 kwalifikasie verwerf: Mnr. Waldo Weideman, me. Marline Weideman, mnr. Francois Spies, mnr. Charl Coetzer, mnr. Marius van den Berg en mnr. Adam Barnard gaan binnekort hul kundigheid op die atletiekbaan deel.

Die Zwarrie-muurbalspelers is ook aan die gang. Na die afloop van die Northens Junior Squash toernooi is die volgende uitslae bereik: Chanté Leppan wen die o.14-meisies kompetisie en Janine du Rand eindig derde.

Luhann Groenewald is as wenner van die o.16-seuns kompetisie gekroon.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button