Affies Meisies dra groen linte vir Nasionale Serebrale Parese Dag
'n Groen lintjie, met die tema #groenopjouskoen is aan elke skoolmeisie, skoonmaker, werker en aan onderwysers uitgedeel met die oog op om elkeen van hierdie dag in te lig.
Afrikaanse Hoër Meisieskool se kultuur- en liefdadigheidskomitee het ’n bewusmakingsveldtog, vir Nasionale Serebrale Parese Dag op Donderdag, 25 Maart beplan en bestuur.
’n Groen lintjie, met die tema #groenopjouskoen is aan elke skoolmeisie, skoonmaker, werker en onderwyser uitgedeel met die oog op om elkeen van hierdie dag in te lig.

Vise-president van die komitee, Amory Smith, is van kleintyd af by die serebrale skool vir gestremdes in Pretoria betrokke en daarom lê die boodskap agter hierdie dag haar na aan die hart.
“Serebrale parese/verlamming word deur breinskade, wat gewoonlik tydens swangerskap of geboorte plaasvind, veroorsaak.
“Infeksie tydens swangerskap, wat nie vroegtydig behandel word nie, kan veroorsaak dat ’n baba se breinontwikkeling aangetas word.
“Indien ’n babatjie tydens geboorte weens ’n verlengde kraam te min suurstof kry, kan ’n baba permanente en onomkeerbare breinsake opdoen,” verduidelik sy.
“Babas wat met MIV/Vigs gebore word, wat ook nie gediagnoseer en behandel word nie, kan ook tot serebrale parese lei.

“Daar is verskillende ernstigheidsgrade van serebrale parese, wat van stadige begrip en funksionering tot totale afhanklikheid van versorging kan wissel.
“In ernstiger gevalle, kan pasiënte glad nie loop, praat of eet vir die res van hul lewens nie en moet met buisvoeding gevoer word en 24-uur spesialisversorging kry,” vertel Smith.
Sy noem dat sy juis hierdie bewusmakingsveldtog op die been gebring het, om vir die breë samelewing iets te kan beteken.
Elke skoolmeisie het die groen lint aan haar regterskoen vasgemaak en daar was versoek om die #groenopjouskoen ook op sosiale media-platforms te deel.
Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.
For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East
For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
