#HelpHetta help meer behoeftige meisies in 2021
Die Covid-19 pandemie het egter ’n groter behoefte laat ontstaan en 1 432 bykomende meisies het aansoek om hulp gedoen en kan nie tans gehelp word nie.
Helpende Hand skop vanjaar se #HelpHetta-projek af met ’n holistiese benadering om 3 000 behoeftige Afrikaanse meisies in hul uitdagende tienerjare by te staan.
#HelpHetta-projek het vir die afgelope sewe jaar behoeftige skoolmeisies met pakkies wat bestaan uit sanitêre ware en higiëniese produkte ondersteun.
Die Covid-19 pandemie het egter ’n groter behoefte laat ontstaan en 1 432 bykomende meisies het aansoek om hulp gedoen en kan nie tans gehelp word nie.
“Ons jongste navorsing, wat binnekort bekendgestel gaan word, toon dat die behoefte onder ons #HelpHetta-meisies soveel verder as hul fisieke behoeftes strek.

“Daarom poog ons om holisties met meisies te werk en hulle ook op ’n emosionele en geestelike vlak te ondersteun.
“Ons wil die meisies met inligting toerus wat hulle nêrens anders ontvang nie, sodat hulle die lewe en meisiewees met selfvertroue kan aanpak,” sê Benette Welman, Helpende Hand se #HelpHetta-projekorganiseerder.
Ongeveer 109 instansies kry kwartaalliks hulp in die vorm van sanitêre ware en higiëniese produkte by Helpende Hand se #HelpHetta projek vir meisies wat dit nie kan bekostig nie.
Dié instansies ontvang geen hulp van die regering nie.
“Ons meisies moet kan wees en doen en gaan sonder beperkings om hulle van die vreugde van vrouwees te beroof.
“Menstruasie is net ’n siklus wat kom en gaan, dit moet ons nie terughou nie. Die bloudruk van menstruasie is om jou vroulikheid te ontwikkel; dit is nie veronderstel om jou te pootjie nie,” het Hettie Mills, lewensafrigter en eerste prinses van Mev. Tshwane 2019/2020 by ‘n onlangse Nasionale Gee-dag van die #HelpHetta-projek gesê.
Helpende Hand het in 2020 ’n navorsingstudie onder die meisies gedoen wat deur die #HelpHetta-projek gehelp word.

Die doel van die navorsing was om die behoeftes onder die meisies vas te stel en dié navorsing het getoon dat behoeftige meisies meer as net sanitêre produkte nodig het.
’n Paneel van kenners en die sanger Monique Steyn, ’n #HelpHetta-ambassadeur, gaan Woensdag, 31 Maart 2021 ontmoet om die jongste navorsing bekend te stel, asook die nuwe rol wat die #HelpHetta-projek vir 2021 beraam.
Die geleentheid gaan ook regstreeks op Facebook uitgesaai word by https://fb.me/e/hnH4ZVqAV
Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.
For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East
For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
