‘n Holistiese benadering tot die gesondheid van jou vel
‘n Gesonde vel benodig meer as net ‘n daaglikse velsorgroetine, goeie produkte en behandelinge.

Alhoewel hierdie faktore ‘n groot rol speel om jou beste kenmerke te verbeter, speel dieet net so ‘n belangrike rol in die voorkoms van jou vel, en of jy stralend en gesond lyk. Dit is hoofsaaklik as gevolg van jou ingewande wat verandwoordelik is vir die regulering van die vel – dus, hoe gesonder jou dieet, hoe gesonder jou vel. Viola!
Om ‘n vel te hê wat gloei is meeste se doelwit, dit begin van binne na buite. ‘n Estetiese kliniek , soos Skin Renewal Brooklyn, kan jou help om die oorsaak van jou velprobleme te bepaal. Deur net enige gesigsprodukte aan te wend, kan die velprobleme vererger. Mediese dokters met ‘n spesiale belang in estetiese behandelinge sal kan bepaal of jou velprobleme deur ‘n ongebalanseerde dermkanaal veroorsaak word. Hulle sal ‘n velsorgreis skep wat ‘n magdom bekommernisse aanspreek en die resultate lewer wat jy begeer.
Wat is ‘n gesonde vel?
‘n Gesonde vel is stralend, is nie te droog of te olierig nie, dit voel nie styf nie, het geen blokkasies, aknee, donker vlekke of ‘n uitslag nie.
Jy is wat jy eet.
Soos genoem, jou dieet speel ‘n belangrike rol in jou vel se gesondheid. Dit is belangrik om nie slegs ‘n goeie velsorgreeks te gebruik nie, maar om ook te fokus op ‘n gesonde dieet wat genoeg water, vars vrugte en groente insluit. Dit sal help om inflammasie en onnatuurlike veroudering, wat veroorsaak word deur inflammasie van die dermkanaal, te voorkom,
Wat om te vermy:
- Gluten is ‘n proteien wat lei tot aknee, gewoonlik op die wange, voorkop en ken. Dit veroorsaak ook pigmentasie en ‘n sensitiewe vel.
- Suiwel is die hoofoorsaak van aknee vir baie mense. Dit veroorsaak ook sakkies en donker sirkels onder die oë, en bleek wange.
- Alkoholgebruik kan ‘n verdroogde vel met fyn lyntjies aanhelp, asook aknee tussen die wenkbroue en ‘n opgeswelde, donker oogarea.
- Suiker is bekend daarvoor dat dit ‘n slegte vel aanhelp. Dit is as gevolg van dermkanaalinflammasie, wat lei na fyn lyne en plooie, velveroudering en aknee.
Waarom is dit belangrik om ‘n mediese dokter te raadpleeg vir aknee, ekseem, rosacea en ander velkwale?
Skin Renewal se mediese dokters is ‘n span hoogs bekwame dokters, met ‘n spesiale belang in estetiese behandelinge, wat ‘n velsorgoplossing sal skep wat talle gesondheids- en leefstylfaktore in ag neem. Dokters kan advies gee oor die beste behandelinge, produkte en aanvullings om ‘n holistiese velsorgreis te bewerkstellig wat verseker dat jy die beste weergawe van jouself word.
