Local newsNews

Diefstal van motorvoertuie in die Moot skep eindelose frustrasie

“Diefstal uit motorvoertuie is ook besig om ’n weer ’n algemene probleem te raak."

Pogings tot voertuigkaping asook diefstal van en vanuit motorvoertuie het in die Moot-omgewing toegeneem.

Die jongste misdaadsyfers wat vir die 2020/2021-termyn aangekondig is, lyk al hoe meer of dit die stygende statistieke staaf.

Polisie en sekuriteitsmaatskappye was die afgelope ruk, druk besig om hierdie misdrywe te bekamp.

Citi Protection se Reinhard Rasckhe sê dat hulle ook heelwat verdagtes vasgetrek het wat voertuie steel.

Citi Protection se Reinhard Rasckhe.

“Op een dag net in die Waverley-omgewing, het ons drie voorvalle gehad waar motorvoertuie gesteel is.

“Diefstal uit motorvoertuie is ook besig om ’n weer ’n algemene probleem te raak,” sê hy.

“Sedert ons kameraprojek afgeskop het, het ons soveel suksesverhale gehad waar ons beheerkamer vinnig reageer het om verdagtes vas te trek.

“Verdagtes wat oor mure in erwe spring, is ook ’n groot kopseer. In die meeste gevalle is dit verdagtes wat gewapen is,” sê Rasckhe.

Rasckhe noem verder dat die steel van hekmotors ook nou weer gewild is.

 

“Voorvalle van kabeldiefstal het egter afgeneem. Ons het nie onlangs enige klagtes van kabeldiefstal ontvang nie.

“Ek moet egter sê, dat sedert die inperkings maatreëls ingestel is, het ons baie minder voorvalle in die vroeë oggendure.”

Woordvoerder van Kilnerpark-sekuriteit (KPS), Ancelize van der Kooi sê dat pogings tot voertuigkaping die hoogtes inskiet.

“Oor die afgelope paar dae, het ons heelwat voorvalle gehad waar verdagtes pogings aanwend om voertuie te kaap.

“Saterdag is KPS na Stormvoëlstraat vir bystand ontbied.

 

“Drie verdagtes het probeer om die bestuurder van ’n Nissan NP200-bakkie te kaap.

“Die poging was egter onsuksesvol.” Die verdagtes het in ’n rooi Polo gevlug.

“In Fry-straat het ’n onbekende hoeveeldheid verdagtes ’n poging aangewend om ’n Toyota Hilux-bakkie te steel.

“Volgens ’n ooggetuie het die verdagtes in ’n silwer Hyundai i20 gevlug,” sê Van der Kooi.

Sy noem verder dat KPS ook na ’n toneel toe uitgeroep is, waar vermoedelik twee verdagtes by ’n huisinbraak in Brummerstraat betrokke was.

“Die verdagtes het die veiligheidshek en die voordeur oopgebreek.

“’n Televisie is gesteel.

LEES MEER: Erasmia man caught with ‘date rape drugs’

Die verdagtes het in ’n wit Mazda 323 van die toneel af weggejaag.

“In die Eastlynne-omgewing, het ongeveer drie verdagtes die bestuurder van ’n blou Renault gekaap.

“Die slagoffer het gesê dat die verdagtes gewapen was ten tye van die voorval.”

’n Voorval van diefstal uit ’n motorvoertuig is ook onder KPS se aandag gebring.

“In Pierneefstraat, voor ’n skool, het ongeveer drie verdagtes by twee voertuie ingebreek.

“Volgens ’n ooggetuie het die verdagtes blou oorpakke gedra en te voet gevlug.

“Geen elektroniese items is gesteel nie.”

Kaptein Anton Breedt.

Kaptein Anton Breedt van Moot-polisiestasie noem dat verskeie voorvalle van diefstal van motorvoertuie asook diefstal vanuit voertuie by die stasie aangemeld is.

“Nissan NP200-bakkies asook Volkswagen Polo’s word veral geteiken.

“Roetine is jou grootste vyand,” sê hy.

“Let op wanneer jy jou huis verlaat vir enige vreemde voertuie of persone wat doelloos rondhang.

“Vermy liefs om te naby aan die voertuig voor jou te stop.

“Hou jou volgafstand selfs as jy by ’n stopstraat kom.

“Let op wie en wat is voor en agter jou soos wat jy nader aan ’n stopstraat kom.

“Maak jouself bewus van wat om jou aangaan om te kyk of daar nie enige doellose persone is wat rondstaan nie.

“Nog ’n wenk is, is om nie met jou venster heeltemal oop te ry nie. Dit sal slim wees om jou venster effens oop te maak aangesien dit moeilik is om die vensters te breek.

Alan Claase van AfriForum Groter-Moot bevestig bogenoemde misdaad.

“Ons kry kort-kort oproepe van gemeenskapslede wat voertuie wat doelloos op en af in die strate ry.

“Steel van motorvoertuie is ’n groot kopseer in die area.”

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button