Hengelaar sterk aan na besering en dodelike infeksie
Frederick Nel (39), 'n pa van ses, is ook diabeties, wat sy behandeling soveel meer dringend maak.
’n Pa van Kameeldrift sterk in die Zuid-Afrikaans hospitaal aan nadat hy verlede maand ’n snywond aan sy been opgedoen het, wat ’n gevaarlike bloedinfeksie tot gevolg gehad het.
Die 39-jarige Frederick (Frik) Nel, ’n pa van ses, het by die Hartbeespoortdam gaan visvang toe hy die snywond aan sy been opgedoen het wat hom byna sy lewe gekos het.
Sy vrou Roelien Steenberg het Dinsdag gesê dat dit beter gaan met hom.

“Die pyp wat in Frik se keel was (om hom suurstof te gee) is uit,” het ’n verjeugde Roelien aan Rekord gesê.
“Hy haal nou self asem.”
Op 14 Maart het Frik saam met sy seun en susterskind gaan visvang by die dam. Hy het sy vislyn, wat tussen hiasinte in die dam verstrengel geraak het, uit die water gehaal toe hy glo gegly en sy been op ’n klip oop gesny het.
“Die sny aan sy been was eintlik baie klein. Maar hy het geweier om dokter toe te gaan,” sê Roelien.
Die “klein snytjie” het egter die erge bloedinfeksie veroorsaak. Frik het in ’n paar dae, na die uitstappie, baie siek geword en het gesukkel om asem te haal.

Hy moes dringend na ’n hospitaal gehaas word.
“Oorspronklik is hy in ’n staatshospitaal opgeneem, maar weens ’n tekort aan beddens is hy in Zuid-Afrikaans opgeneem,” sê Roelien.
Frik se toestand het geweldig versleg en met dié dat hy ’n diabeet is, was sy lewe in gevaar.
Op 23 Maart is Frik na die intensiewe sorgeenheid van die Zuid Afrikaanse hospitaal oorgeplaas.

Roelien sê sy infeksie-telling, bloeddruk en suikervlakke was toe baie hoog.
Sy been, waarop die “klein snytjie” is, was baie geswel en dokters het blykbaar ook in ’n stadium oorweeg om sy been te amputeer.
Frik is aan ’n ventilator gekoppel en in ’n geïnduseerde koma geplaas. Roelien sê hy is stadig oor die Paasnaweek uit dié koma gebring.
READ MORE: North dad getting better after fishing trip injury
Daar word nóg toetse gedoen om vas te stel watter bakterieë in Frik se bloed die erge infeksie veroorsaak het.
Roelien sê ten spyte van Frik se onlangse beterskap, sit die familie nou met die bekommernis van ’n enorme hospitaalrekening.

Roelien het Maandag op Facebook gesê dat die rekening reeds meer as R100 000 beloop. Die totale bedrag van sy hospitaalrekening is egter meer as R280 000.
In ’n desperate poging om fondse in te samel, probeer die gesin ’n motorfiets, wat geskenk is deur vriende, te verkoop. Teen druktyd, was die motorfiets nog nie verkoop nie.
Roelien en familie het sosiale platforms en ook die BackaBuddy-fondsinsamelingsplatform gebruik om ook te probeer fondse insamel.
Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.
For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East
For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
