‘Spicy’ Qman en Borrie praat ‘lae houe’
Die egpaar se soms bitsige, soms onder-die-belt, humoristiese aanlyn videos het al ’n paar huwelike gered.
Snaakse, simpel, lagwekkende komedie is ’n goeie opsomming van die Qman en Borrie Lae Houe reeks.
Die egpaar, bekend as Qman en Borrie – minder bekend as Quinten en Bernice Janse van Rensburg, bly in die noorde van Pretoria.
Die paartjie het so vroeg as Junie 2019 begin met ’n reeks Facebook videos ‘Lae Houe’ wat vinnig gewild geraak het op sosialemedia platforms.
Gedurende die nasionale inperking in 2020, het hul videos nog meer populêr geraak en groei hul getal aanhangers daagliks.
Sien video:

“Ons videos is veral baie op WhatsApp versprei,” vertel Qman.
Met die verslapping van die nasionale inperking, “toe meer mense buite hul huise kon rond beweeg,” vertel Qman, het die paartjie eers besef hoeveel mense hul videos volg.
“Daar was al vier verskillende gevalle van mense wat ons kom bedank het en vertel dat ons videos hul huwelike gered het,” sê Qman.
“Klink ongelooflik, maar dis die waarheid.”
Borrie sê baie mense, veral egpare, vind aanklank by hul videos.
“Ons videos is ‘relatable’. Ons praat oor goed wat soos regtig probleme is in baie Suid-Afrikaanse huwelike.”
Borrie sê: “Baie paartjies is te bang om te praat oor goed wat hulle pla, en in ons videos praat ons daaroor grappenderwyse.”
Sien video:

Terwyl Qman en Borrie “lae houe” uitdeel in hul videos is Quinten en Bernice in werklikheid ’n baie gelukkige paartjie.
Hulle het onlangs hul sewende huweliksherdenking gevier en geniet dit om saam tonele te skiet vir videos, liefdadigheidswerk saam te doen en ook saam te lag – baie te lag.
Lees meer oor die paartjie agter die skerms in die volgende Rekord-uitgawe.
Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.
For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East
For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
