HTS John Vorster Opedag: bespreek jou sessie
Hier is die nuutste inligting oor HTS se komende OPEDAG wat op 16 en 17 April plaasvind

JV’s laat die lyne gons by GROOT FM 90.5. Vanoggend om 9:45 het ons eie graad 10-leerder, Matthew Venter, asook ons adjunkhoof mnr Christo du Rand, die luisteraars van Groot FM 90.5 meer vertel van hoe ongelooflik HTS John Vorster is.
Mnr du Rand het ook inligting verskaf oor ons komende OPEDAG wat op 16 en 17 April plaasvind.
Volg ons op Facebook, Instagram en Youtube en gaan kry meer inligting op ons webblad by www.htsjohnvorster.online.
JV’s gaan vooruit. Vandag was n groot oomblik vir ons JV’s. Ons was by GROOTfm 90.5 vir ons skool se eerste radio-opname.
Twee van ons leerders, Naletta Nagel en Hugard Moolman is ons stemkunstenaars. Hulle het ook vir Johrne van Huyssteen ,@hendrimayburgh en Elsa Esterhuizen van die Die GROOT Ontbyt ontmoet.
Luister na GROOT FM vir ons HTS John Vorster – advertensie wat binnekort op die lug sal wees. OPEDAG 2021 – 16 en 17 April 2021
#htsjv #genuinejv #htsjohnvorster #skool #skoollewe #skool2021 #school #bestschool #schooloftechnology #tegnologieseskool #gauteng #2021 #newadventure


Saterdag, 20 Februarie 2021, was n groot dag vir ons graad 8-rugbymanne.
Dit was offisieel die O/14 bulldog-puppies se eerste puppy-dag.
Die nuwe spelers het die dag geniet saam met die Eerstespanspelers, die Bulldogs, asook ‘n paar riglyne gekry van afrigters wat hulle meer vertel het van spoedwerk en balhantering. Die jong rugbymanne was n totaal van 78 graad 8-leerders en die dag was n groot sukses.
Mnr Franna Cillie van Living Ball, ook een van HTS John Vorster se borge, het die dag ons O/14-spelers bederf met rugbyballe.
Later die dag het die seuns gewys wie is baas deur kliphard deel te neem aan fiksheidsoefeninge en spanbou.
Die dag is afgesluit deur die seuns voor te berei vir die rugbyjaar 2021 en meer te vertel wat die planne is vir rugby 2021 en waarvoor hulle as jong spelers moet uitkyk en voorbereid wees om oor n paar jaar daardie unieke wit JV-bulldogtrui oor hulle koppe te trek.
Sterkte aan al die nuwe ywerige spelers van 2021. #Once a JV, always a JV




Op 24 Februarie het HTS John Vorster hulle EERSTE bloedskenkdag van 2021 gehou.
Daar was 43 skenkers waarvan 24 nuwe skenkers is. Ons is trots op ons JV’s wat gehelp het om lewens te red.
#htsjv #genuinejv #htsjohnvorster #skool #skoollewe #skool2021 #school #bestschool #schooloftechnology #tegnologieseskool #gauteng #2021 #newadventure
#sanbsblooddrive #bloedskenkdag


