Local newsNews

Program in Eersterust geloods om dwelmverslaafdes by te staan

"Die span beplan om elke Woensdag by begraafplase in te vaar om skoon te maak."

‘n Gemeenskapsgerigte program vir dwelmmisbruik is verlede week in die Eersterust-gemeenskap op die been gebring.

Dié program is deur Tshwane metro, die Universiteit van Pretoria asook die Departement van Gesondheid in die area geloods.

’n Sosiale werker in die Eersterust-omgewing, Raylene Jacobs, sê dat die program sal fokus op individuele terapie, gereelde mediese ondersoek asook die nodige medikasie vir dwelmverslaafdes.

Om sodoende die verslaafdes te help, sal ’n gedugte span van die program van Eersterust op ’n weeklikse basis bymekaar kom om die begraafplase in die omgewing op te knap.

“Die span beplan om elke Woensdag by begraafplase in te vaar om skoon te maak,” sê Jacobs.

“Enigiemand is welkom om aan die skoonmaak-aksies deel te neem.

“Die hele idee agter die skoonmaakproses, is om vir die gemeenskap ’n boodskap uit te stuur dat dwelverslaafdes gehelp kan word en ook ’n doel in die lewe het,” sê Jacobs.

“Dit gaan nie net vir ons om hulle by te staan nie, maar om hulle ook hoop vir ’n beter en gesonder toekoms te gee.”

Die diens sal gratis wees.

Lees ook: Eersterust man gets 5 years for breaking into brother’s house

“As die gemeenskap saamstaan, kan ons die nodige bystand vir die dwelmverslaafdes gee en hulle motiveer om hulle kwaadaardige gewoontes stop te sit,” sê Jacobs.

’n Gesondheidswerker,’’n dataversamelaar en ’n mediese dokter vorm deel van die gemeenskapsgerigte program.

Jacobs sê dat ’n soortgelyke program strek oor 16 dele regoor Tshwane.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button