Local newsNews

Centurion-sangeres is 12 weke swanger

Hoewel die geslag van die babatjie eers tussen 16 en 18 weke bepaal kan word, hoop Elmé Churr dat dit 'n dogtertjie is.

Die sangeres van Centurion, Elmé Churr is 12 weke swanger.

Die groot vraag is egter – gaan dit ’n pienk- of ’n blouvoet wees?

Dié borrelende blondekopsanger, Elmé en haar man, Ben, het verlede jaar 17 Junie hul eersteling verwelkom.

Dit nadat hulle sewe jaar vir “wonderwerkie” Luke Benrich probeer het.

Net toe Luke Benrich Churr gebore is.

Sy vertel dat sy drie maande terug die vermoede van ’n tweede swangerskap gehad het.

“Ek eet in die oggende proteïne, soos ’n eier, voordat ek gaan draf.

“Ek en Ben het om die tafel gesit toe ek vir hom sê iets is nie lekker nie.”

Die twee het dadelik ’n toets gaan koop, maar die uitslag was negatief.

“Dit klink dalk vreemd, maar ons was ietwat teleurgesteld sonder dat ons iets verwag het.”

Ses weke later, het sy wéér “n toets gedoen. Siedaar! Dit was positief.

“Ek was onder in die kombuis besig om koffie te maak toe ek die tweede toets doen.

“Ek het heeltemal vergeet van die toets en 10 minute later toe ek die stokkie optel, wys die stokkie die uitslag is positief,” vertel sy.

“Ben was bo in die kamer gewees. Ek loop in die kamer in en wys vir Ben die stokkie. Ons was albei tjoepstil, omdat ons nie een geweet het wat om vir mekaar te sê nie,” giggel sy.

Hulle het dadelik in die motor gespring om bloedtoetse te laat doen.

Die dokter het die Churr-gesin laat weet dat die toets positief is.

“Ek kan nie vir enigiemand beskryf wat deur ons gedagtes gemaal het nie. Ons wou uit ons vel van opgewondenheid spring.”

Elmé het Dinsdag vir haar eerste sonar gegaan waar sy die hartkloppie van haar nuweling op die skerm kon sien.

“Ek was skoon bewoë gewees,” sê sy.

“Die babatjie is vyf-sentimer met die perfekte vyf vingertjies en toontjies.

“Dit is net ongelooflik om te dink hoe die Here hierdie klein mensie in my vorm.

“Ons is dankbaar en geseënd vir hierdie onverwagse verrassing.”

Elmé Churr het Dinsdag vir haar eerste sonar gegaan. Foto: Verskaf

Hoewel die geslag van die babatjie eers tussen 16 en 18 weke bepaal kan word, hoop Elmé dat dit ‘n dogtertjie is.

Elmé en Ben het reeds op ’n naam vir hulle nuweling, Aila, besluit.

“Ons het lank gebid oor die perfekte naam vir ons dogtertjie.

Mits dit ’n seuntjie is, sal sy naam Elija wees.

“Deur my eerste swangerskap, was ek so bang iets loop verkeerd, maar ons gedagtes hardloop ons vooruit.”

Luke is ’n bondeltjie liefde. Hy bring vir ons soveel vreugde in die lewe.

Elmé Churr en haar man, Ben, en baba seuntjie Luke Benrich Churr. Foto: Daniel Pearson Fotografie

“Hy is net die soetste baba en een van ons grootste geskenke.

Lees ook: Centurion-sanger se baba Luke gebore

“Ons het so lank vir ons eersteling gewag, maar ons het aanhou bid en geglo dat die Here ons ook met ’n kleinding sal seën.”

Dié twee stel eersdaags ’n duet wat hulle saam openeem het, genaamd “By jou Bly” vry wat deur Vaughan en Nerine Gardiner geskryf is.

“Ons is ongelooflik opgewonde om hierdie liedjie vry te stel.

“Dit is deur God se genade dat deure oopswaai die oomblik as jy dit die minste verwag.”

Elmé is as een van Finesse Voelgoed se Oulike ma-bederfdag se ambassadeur aangewys.

Elme Churr. Foto: Facebook

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button