Local newsNews

Moot-paartjie steeds smoorverlief na 60 jaar

Die twee is nog blakend gesond, hoewel die oumensskete maar kort-kort kop uitsteek.

Soos vinkel en koljander, die een kan nie sonder die ander.

Dit kan van Moot-inwoners, Batie en Sarie Breedt wat Donderdag, 10 Junie hul 60e huweliksherdenking sal vier, gesê word.

Batie en Sarie, onderskeidelik 82 en 80, was mekaar se eerste liefde in die 1950’s.

Sarie Morris. Foto: Verskaf

Die tweetjies woon nou al die afgelope 49 jaar steeds in hul huis in Villieria, en doen nog alles self en as een span saam.

Dogter Sanet sê dat haar ouers die perfekte voorbeeld van ’n gelukkig, stabiele en liefdevolle huwelik is.

“Hulle is nou pensioenarisse wat ook maar sukkel om kop bo water te hou, maar hulle is baie positief ten spyte van alles.

“Soos meeste van ons, staar groot uitdagings ons in die gesig sedert die begin van Covid-19.

“Ons is egter bly dat ons hulle spesiale dag saam met hulle kan vier,” sê Sanet.

Die Breedts het drie dogters, Kobie, Sanet en Makkie.

Hulle is ook met drie kleinseuns en een agterkleindogter geseën.

“Ons gaan groot makietie dié naweek hou om die mylpaal saam met hulle te vier,” vertel Sanet.

Batie en Sarie is sedert Mei 1957 ’n paartjie.

Hulle het soggens en in die middae verby mekaar op Kerkplein, waar hulle albei gewerk het, verbygeloop en so het die twee se liefdesverhaal begin.

Batie het in 1995 as senior tegnikus by die paaie departement gewerk waar hy na 38 jaar se diens afgetree het.

Sarie het vir 13 jaar as administrasiebeampte by die deptartement van binnelandse inkomste voor haar aftrede gewerk.

Die twee is nog blakend gesond, hoewel die oumensskete maar kort-kort kop uitsteek.

Batie Breedt as ‘n plaasjapie. Foto: Verskaf

“My ma hou haarself breinfiks met haar geliefde blokkiesraaisels en om nuwe resepte uit te toets.

“Ons pappa is baie lief vir lees en legkaarte bou.

“Hulle is steeds so verlief soos tieners en wys dit gereeld vir mekaar, én ons,” vertel Kobie.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button