Local newsNews

Ontmoet Wilgers se opkomende filmster, Liané Chomse

Die produksie van die toneel, Twee in die bos is die afgelope naweek in Sasolburg by die Etienne Rousseau-teater, verfilm.

’n Leerder van Hoërskool Die Wilgers, Liané Chomse (15) sal eersdaags op die kassie te sien wees nadat sy ’n rol in kykNET se speeltoneel-kompetisie losgeslaan het.

Die produksie van die toneelstuk, Twee in die bos is die afgelope naweek in Sasolburg by die Etienne Rousseau-teater, verfilm.

Hoewel Liané glad nie die kruks van die verhaal wou weggee nie, sê sy vlugtig dat dit ’n safari, wat totaal en al skeef geloop het, was “maar twee van die karakters het liefde, in die bos, gevind”.

As finalis, het sy opleiding deur verskeie akteurs van Binnelanders, Germandt Geldenhuys (Louis Koster), Je-anie Swiegelaar (Naomi Ferreira), Reynard Hugo (Tertius Jonker) en Desire Gardner (voormalige akteur van Binnelanders en Suidooster), ontvang.

ALSO READ: Hoërskool Die Wilgers boasts with new principal

Liané se ma, Barbara het haar “opkomende filmster”, vir die kompetisie, wat verlede jaar Mei afgeskop het, ingeskryf.

“Sal dit iets wees wat jy graag wil doen?”

“Ja mamma! Beslis.”

In die toneelstuk, het sy die rol van ’n skaam en teruggetrokke karakter, Amy gespeel.

“Dit was uitdagend om in hierdie karakter in te klim. Ek is skaam as dit by vreemde mense kom, maar op die einde van die dag, het ek ’n ‘bubbly’ persoonlikheid,” vertel sy met groot opgewondenheid.

Die skakel na die eindproduk moet nog gestuur word.

“Ek wag met groot afwagting om die eindproduk te sien. Dit was soveel pret gewees.

“Dit was vrek moeilik gewees om nie uit van die lag te bars nie. Ek het egter een keer begin giggel waar ons ’n stukkie moes oorskiet,” sê Liané.

ALSO READ: The latest on Covid-19: Vaccines in the workplace, teachers’ vaccinations arrive, and stricter lockdown restrictions

Die karakters het ’n maand voor die tyd die draaiboek ontvang om voor te berei, maar die draaiboek het intussen verander, het Liané het ’n week gehad om die nuwe stuk te leer.

Elke maand het die betrokke rolspelers, temas gegee om meer oor die spesifieke tema, soos ’n monoloog, óf oor hoe om emosies te improviseer of bewegings en stemtoom voor die lens, te leer.

Soos die kompetisie verloop het, moes sy ook ’n gedeelte van ’n toneel, uit Notting Hill opgeneem.

“Die opdrag was om ’n stuk uit ’n film te gebruik sonder om die naam van die film weg te gee.”

Gardner het vir die wat ingeskryf het, opdrag gegee waar hulle ’n gedig, moes opvoer.

“Dit was maak of breek.

“Ons het drie weke vir terugvoer gewag. Dit het soos die langste drie weke van my lewe gevoel,” giggel sy.

Terugvoersessies vind na afloop van elke opname plaas waar hulle aandui oor waar daar verbeter kan word.

Wilgie-maats, Leana Hill, Zancha Viljoen en Channell Roberts het ook in van die tonele waaraan sy gewerk het, gespeel.

Een van haar toneelstukke, Katrien het sy saam met haar beste vriendin, Leana opgevoer.

“Ek het die rol van ’n haarkapster vertolk.

“Leana, een van my kliënte, het die aand ’n funksie gehad. Sy wou haar hare bloedrooi gehad het.

“Wat ’n groot flop! Die kleursel wat ek gebruik het, het ’n negatiewe reaksie op haar vel gehad. Sy het rooi kolle uitgeslaan sonder om enigiets agtergekom.

“Ons het vet pret gehad,” lag Liané.

Ná afloop van skool, beoog sy om interne medisyne. sielkunde of chirurgie te studeer.

“Hierdie speeltoneel-kompetisie is dalk die begin van groot drome, maar ek sal graag eers my studies wil voltooi voordat ek moontlik in die akteur-beroep in te gaan.”

VIDEO: SAL VIR KADEN AANSTUUR

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button