Local newsNews

Pastoorpaar praat oor stryd teen dodelike virus

Die egpaar herstel steeds na hul die virus twee weke gelede opgedoen het.

’n Pastoorpaar in die noorde van Pretoria sê hul herstel steeds na hul twee weke gelede positief getoets is vir Covid-19.

Johan Coetser (59) en sy vrou Magda (59) van die JC4JC International Ministries dien ’n klein gemeenskap in Pretoria-Noord.

Johan vertel hy het vroeër die maand griep simptome gehad, waarna hy kerkdienste afgestel het.

Johan Coetser.

Twee weke gelede het die egpaar egter positief getoets vir Covid-19.

“Die siekte het my gehoor in my linkeroor aangetas,” sê Johan en vertel dat hy ook vreeslik moeg en uitasem is.

Ten spyte van erge simptome, het Johan steeds boodskappe van bemoediging aan sy gemeenskap gestuur.

Luister hier:

Magda het onlangs haar 57-jarige broer afgestaan aan die dood, nadat hy ook die virus opgedoen het.

“Fisies gaan dit elke dag beter met ons, maar ons is nog emosioneel baie seer,” sê Magda.

Gauteng het verlede Woensdag die hoogste eendaggetalle aangeteken sedert die begin van die pandemie met 10 806 gevalle.

Soos dit nou staan, het Gauteng die afgelope week tussen 60% en 62% van die nasionale gevalle bygedra.

* Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news

Dear reader,

As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments.

As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online.

Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed.

Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.

Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button