Kinders leer vlytig gedurende die vakansie
Die program se tema was ‘Krygsgevangenes’ en die kinders het eers oor die geskiedenis van die krygsgevangenes van die Anglo-Boereoorlog tussen 1899 en 1902 geleer.
Die jongspan het Donderdag meer geleer oor kuns en geskiedenis by die Pioniersentrum by die Voortrekkermonument.
Dit vorm deel van tweede vakansieprogram wat dié sentrum aanbied is vir die jeug terwyl die skole gesluit is.
Die program se tema was ‘Krygsgevangenes’ en die kinders het eers oor die geskiedenis van die krygsgevangenes van die Anglo-Boereoorlog tussen 1899 en 1902 geleer. Daarna het hulle verskillende mediums gebruik om kunswerke te maak.
Die kinders kon enigiets van herwinbare materiaal, tot verf, sand, boombas, takkies, blare en lap gebruik om ’n krygsgevangenekamp uitbeeld.
Daarna het hulle ook geleer van vlyt. Vlyt is die weef van mandjies en ander items.
Destyds het die krygsgevangenes materiaal soos gras gebruik om mandjies te weef. Die krygsgevangenes was genoodsaak om dit te doen in die kampe waar hulle aangehou is. Daar was niks anders beskikbaar nie. Hulle moes byvoorbeeld hulle eie tente, mandjies en bokse maak.
Dit is ook later gebruik om ’n bron van inkomste te genereer.
Deel van die program was dat kinders ook geleer is hoe om hulle eie mandjies van plastiek te weef. Hulle het hul gate uit geniet.
“Ek het ’n skoen en rugbybal geverf, want dit herinner my aan wat hulle gemaak het in die kampe. My maatjies moet kom dat ons saam kan leer oor die geskiedenis van daai tyd,” sê 11-jarige Caylie Wirth.
Dehano Muller sê dis vir hom lekker om sy verbeelding te gebruik wanneer hy teken.
Adalynn Watkins glo meer van haar maats moet kom, “dit is goed wat ons nie in kuns by die skool leer nie, so al my maatjies moet kom dat ons saam kan leer”.
Die volgende program sal nog aangekondig word.
Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.
For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East
For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
