Local newsNews

Laerskool Monumentpark deel waarvoor hulle omgee gedurende omgee-week

Uitknipsels van seediere soos seeperdjies, krappe, jellievissse en 'n skildpad is op die veld in 'n vierkant uitgepak waar leerders hulle doppies op die diertjies kon sit.

Leerders van Laerskool Monumentpark het derduisende koeldrankdoppies ten bate van Sweethearts-organisasie ingesamel.

Die organisasie is spesifiek begin vir dié wat ’n rolstoel benodig.

Anke Milé Müller en juffrou Christine van Noordwyk.

Laerskool Monument het gedurende die week van liefde ’n omgee-week gehou.

Uitknipsels van seediere soos seeperdjies, krappe, jellievissse en ’n skildpad is op die veld in ’n vierkant uitgepak waar leerders hulle doppies op die diertjies kon sit.

Catie Hoogendyk.

Leiers van die beeldbou-komitee, Catie Hoogendyk en Mark de Bruyn, sê dat hulle hul mede-maats wil aanmoedig oor hoe om hierdie waardevolle bron te kan bewaar.

“Vanaf die skepping, kan ons sien hoe belangrik water is. God het op die derde dag die droë grond en water van mekaar geskei. Dit was vir God mooi dat daar ’n see en ’n land was,” sê Mark.

Catie sê dat hulle dink aan die brandweer, boere en hospitale wat op ’n daaglikse basis water nodig het.

“Kom ons as Monnies maak ’n verskil en bewaar ons water.”

Elke komitee het ’n dag geloods waar hulle oor ’n spesifieke saak wat na aan die hart lê, fokus.

Sophia van Wyk.
Erin Gatherer.

Die sportkomitee het op “ons liggame” gefokus en die kultuurkomitee het honde- en kattekos vir Wollies-skuiling ingesamel.

Van die leerders gaan binnekort by die dierebeskermingsvereniging kuier.

Ander het weer klere ingesamel met die doel op omgee vir mense waar die akademiese span ingespring het.

Mine Greyling.
Isabelle Joubert en Carla van den Berg.
Gabby Bishop.

“Ons reik na alles en almal in die gemeenskap uit,” sê die koördineerder van die onderskeie leierkomitee, juffrou Bessie Stofberg.

Die lief en leed-komitee het omgee-harte gemaak.

Die kleintjies het elkeen ’n hartjie gekry waarop staan “ek gee om vir…” waar hulle dan ’n stukkie moet skryf vir wie of wat hulle omgee. Die seniors het óók ’n uitknipsel gekry wat hulle redes moes gee hoekom hulle daardie iets of iemand gekies het.

Alexander du Preez.

Inge Wiltz.

Elke leerder se hartjie gaan aan ’n tou vasgemaak word en om die skool gehang word waar die kinders vir hul ouers kan wys wat hulle op hul hartjie geskryf het.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie?

 Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button