Local newsNews

Pretoria-fees – dis waar jy wil wees

Die fees bied iets vir iedere en elke – van lekkernye, vermaak vir die jongspan soos die pretpark, kameel- en minuatuur perde-ritte, gesigverf en toeot ‘n bier- en wyntent, 4x4-roetes, uitstallings van waterponies en skouhoenders.

Die Pretoria-fees, net buite die ooste van Pretoria, kan feesgangers maar beslis in hulle dagboek vir die toekoms vaspen.

Die eerste van sy soort buitelug-ekspo en fees, het reeds Vrydag by Legends Adventure Farm afgeskop en môre se program beloof om wéér ‘n groot trekpleister vir feesgangers te wees.

Anzeret Scheepers en Clarice van Zyl.

Kommunkasie-bestuurder Lichelle Galagos sê dat dit nie in enigiemand se broekspype sit om só ‘n fees op die been te bring nie.

“Sedert die uitbreek van die Covid-19 pandemie, is mense uitgehonger om uit die huis te kom en om terug te keer na normaal toe.

Storm Brits en Danelle Spies.

“Na maande se beplanning, kon ons uiteindelik die fees op die been bring,” sê sy.

Galagos sê dat hierdie fees beslis ‘n jaarlikse instelling gaan word.

Isabella en Bianca Sutherland.

“Ons verwag sowat 12 000 voete per dag, en ons hoop môre se uitkoms gaan groter wees.

“Vanjaar se fees het oor die 300 stalletjies,” noem sy.

Monique en Tyra Coetzee.

Die fees bied iets vir iedere en elke – van lekkernye, vermaak vir die jongspan soos die pretpark, kameel- en minuatuur perde-ritte en gesigverf tot ‘n bier- en wyntent, 4×4-roetes, uitstallings van waterponies en skouhoenders.

Aidan Bothma.

‘n Vliegrit in ‘n Jabiru oor die Bronkhorstspruit-dam asook oor die feesgronde is ‘n ander aktiwiteit waarna feesgangers kan uitsien.

Van die bekende kunstenaars wat vandag op die verhoog feesgangers op hul voete gehad het, was Dirk van der Westhuizen met treffers soos Gooi jou suiker op my en Pieter Smith se Stukkie van der Merwe.

Appel was ook op die lys van vermaak met liedjies soos Nonna en Ek is jagter. Verder was Tarryn Lamb, Bernice West en Francois van Coke ook deel van die vermaak.

Feesgangers kan môre uitsien na Arno Jordaan, Die Campbells, Karlein van Jaarsveld en Bok van Blerk.

Dave Naudé en Sharl van Zuydam.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie?

Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button