Hoërskool Zwartkop se Eko-klub het op 9 April 2022 aan die jaarlikse South African Institution of Civil Engineering (SAICE) se Skole Waterkompetisie deelgeneem.
Dié kompetisie gee skoolleerlinge die geleentheid om meer van siviele ingenieurswese te leer en hoe om water as skaars hulpbron te bestuur uit ’n verspreiding-, besoedeling- en afvalbestuursoogpunt.
Zwartkop het vir die eerste keer aan die kompetisie deelgeneem en het ’n uitstekende tweede plek behaal.
Die kompetisie is deur Zutari in Newlands, in die ooste van Pretoria aangebied.
Die span bestaan uit Belinda Appel, Julian van Niekerk en Johnathan Jones.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
