Local newsNews

Sypaadjie-wenners verheug oor trofeë

Dié trofeë word op 'n maandelikse basis oorhandig – nie net vir die mooiste sypaadjie nie –maar ook vir die een wat die beste onderhou word.

Die trofeë vir die netjieste sypaadie in Capitalpark pryk hierdie maand langs twee nuwe eiendomme.

Mari en Barry van Wyk in Venterstraat asook Doreen en Sakkie de Bruyn wat in Van Heerdenstraat woon, is as die vierde wenners van die jaarlikse netjieste sypaadjie vir die jaar aangekondig.

Die De Bruyn-paartjie, wat al vir meer as 35 jaar in Capital Park woon, sê hulle is verheug om as Mei-maand se wenners aangekondig te word.

“Dit is vir ons ’n baie groot eer en ons is bly om ’n voorbeeld vir ons mede-inwoners te kan wees,” sê Sakkie.

ALSO READ: 15 dead in ‘horror crash’ on M17

“Die huis wat ons in 1984 in Van Heerdenstraat gekoop het, was die eerste eiendom op ons naam,” sê hy.

Sakkie sê die samewerking van die gemeenskap om die omgewing netjies en in stand te hou, is ’n aspek wat almal na die aan die hart lê.

“Ons bly baie lekker in Capital Park,” sê hy.

“Daar is goeie gemeenskapsamewerking en ons kom goed met almal oor die weg.”

Dié paartjie moedig ander inwoners aan om deel te neem aan die kompetisie.

Hy sê dit is vir hom belangrik om sy voorerf skoon te hou.

“Só lyk dit altyd mooi vir verbygangers,” sê hy.

“’n Netjiese tuin moet ’n voorbeeld vir ander wees, want dit is die eerste ding van ’n huis wat jy sien.

ALSO READ: Volvo Trucks’ new safety system aims to protect cyclists, pedestrians

“Ons waardeer die erkenning wat ons vir ons harde werk gekry het.”

Caption: Mari en Barry van Wyk.

Die Van Wyk-gesin bly al sedert 2014 in Van Heerdenstraat.

“Ons het al voorheen die trofeë in die woonbuurt gesien, maar ons het nie geweet dit is ’n kompetisie wat maandeliks plaasvind nie.

“Barry is oor die naweek doenig in die tuin. Wanneer ons sien ons tuin kort ’n bietjie aandag, dan spring ons in en knap alles op,” sê Mari.

Een van die organiseerders, Donne-li Johnson van Real One Real Estate Agency, het die oorhandiging van die trofee onlangs behartig.

“Ek ry deur die voorstad en soek watter eiendomme se sypaadjie uitstaan,” verduidelik sy.

Die sypaadjies van die maand-kompetisie is die breinkind van Capital Park Residents and Ratepayers’ Association (Caprra).

Die eerste wenner van die kompetisie was op 1 Mei 2019 aangekondig.

Caprra-voorsitter, Mike Burt sê die doel van die kompetisie pas perfek in by hul beleid om ’n voorbeeld vir die res van die dorp te wees.

“Een van Caprra se hoofdoelwitte is om inwoners aan te moedig om saam te werk om hul eie probleme op te los en nie net van enkele individue afhanklik te wees nie,” sê hy.

Dié trofeë word op ’n maandelikse basis oorhandig – nie net vir die mooiste sypaadjie nie – maar ook vir die een wat die beste onderhou word.

Wenners ontvang ’n wisseltrofee asook ’n klein trofee wat hulle as herinnering vir die gedurige swoeg en sweet in die tuin kan hou.

Só lyk vanjaar se wenners sover:

– Februarie: Jan Steyn-Greeff en Lizelle Stemmett
– Maart: Shoes Kola en Gary Meal
– April: Johan de Bruyn en Johny Dhlamini

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button