Local newsNews

Kabels ter waarde van R5 000 in verdagtes se besit gekry

"Sowat 10m se kabels, asook toerusting om die kabels mee te knip, is in hulle besit gekry. Die geskatte waarde van die kabels is tussen R4 000 en R5 000 werd."

Twee kabeldiewe sal eersdaags in die Pretoria se magistraathof op aanklag van diefstal verskyn.

Dié verdagtes, onderskeidelik tussen die ouderdomme van 37 en 38 jaar oud, is Saterdag douvoordag op die sportsgronde in Meyerstraat op die hoek van 22e en 23e lane in Kilnerpark in hegtenis geneem.

’n Gemeenskapslid het Kilnerpark asook Moot GPF in kennis gestel toe hulle twee mans opgemerk het wat met ’n leer teen die paal opgeklim het en besig was om kabels te knip.

Die span van Kilnerpark en Moot het die verdagtes vasgetrek.

Twee verdagtes is Saterdagoggend met kabels in hulle besit in hegtenis geneem.

Kaptein Anton Breedt van Moot-polisiestasie sê die verdagtes is op heterdaad betrap.

“Sowat 10m kabels, asook toerusting om die kabels mee te knip, is in hulle besit gevind. Die geraamde waarde van die kabels is tussen R4 000 en R5 000,” sê Breedt.

Moot GPF se patrolleringsbeampte, Willie Cloete, sê die een verdagte is al voorheen op dieselfde aanklag gearresteer.

Tydens ’n roetine patrollering deur die GPF en die polisie verlede Vrydagaand, is ’n man voor ’n besigheidsperseel op die hoek van 24e Laan en Nico Smith deursoek.

Sowat 10m kabels ter waarde van tussen R4 000 en R5 000 is teruggekry.

“Die man is deursoek en daar is op die stelsel vasgestel dat daar reeds in 2016 ’n saak van diefstal teen hom in Kaapstad oopgemaak is.

“Hy was glo in ’n restaurant-diefstalsaak betrokke, maar die restaurant bestaan nie meer nie en die klaer kon nie opgespoor word nie.

“Leë daggapapiere asook spuitnaalde is in sy besit gekry, maar in sy verklaring het hy bevestig dat hy wel vroeër die aand van dié middels gebruik gemaak het,” sê Cloete.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button