Local newsNews

Loodglaskunstenaar blaas ‘lig’ in ou Gelofte

"Ek was aan die begin nie seker watter prentjie ek in my agterkop in terme van die ontwerp nie, maar my uitgangspunt was om hoop by mense te wek met n sterk gelowige tema."

’n Amateur loodglaskunstenaar van Pretoria, Chris Boshoff, het nooit in sy wildste drome gedink dat die geleentheid homself sal voordoen om tydens ’n uitstalling van Solidariteit Helpende Hand sy werk ten toon te stel nie.

Een van sy werke spog nou in die Voortrekkermonument se Senotaafsaal.

Vroëer vanjaar toe die Voortrekkermonument besluit het om hul museum-uitstalling op te knap en te moderniseer, het die monument die hulp van verskeie kunstenaars ingeroep om hul te help om die uiteindelike visie te laat realiseer.

Die diepgelowige Boshoff kyk dikwels op na die hemele vir inspirasie in sy loodglaswerk en die Bybelse motiewe, soos die Bethlehemster, vredesduif en kruis, wat in talle van sy kunswerke verskyn, kan ook gesien word in die loodglaspaneel wat hy vir die monument se nuwe Vrijheidsreis-uitstalling ontwerp het.

Chris Boshoff besig met sy loodglaswerk.

Die besturende direkteur van die Voortrekkermonument, dr. Danie Langner het Boshoff genader om ’n loodglaspaneel te ontwerp wat in die monument se Senotaafsaal opgerig gaan word.

“Ek was aan die begin nie seker watter prentjie ek in gedagte het vir die ontwerp nie, maar my uitgangspunt was om hoop by mense te wek met ’n sterk gelowige tema,” sê Boshoff.

Die nuwe Gelofte-loodglaspaneel is 3.8m x 1.4m en beeld die Gelofte uit.

‘n Loodglasstuk deur Chris Boshoff.

“Dit is egter veel meer spesiaal aangesien die drie panele van die loodglaskunswerk nie net die verlede uitbeeld nie, maar ook ’n duidelike boodskap van hoop en vooruitgang,” vertel hy.

Boshoff en sy vrou Ronel, wat saam met hom aan die projek gewerk het, sê dat dit vir hulle ’n besonderse eer is om te weet dat hulle handewerk in die Voortrekkermonument pryk.

“Dit is ’n voorreg om toekomstige geslagte te kan inspireer,” sê hulle.

LEES OOK: Pretoria showgrounds to house new hotel, to grow metro rates base

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button