News

Zwartkop-seuns kraai koning in krieket

Die Cubs het eerste gekolf en is 93 in 30.2 beurte almal uitgehaal.

Hoërskool Zwartkop se krieketseuns spog met ’n pragtige oorwinning tydens hul wedstryde teen die Dubai Desert Cubs wat op 23 Julie op Zwarrie-bodem plaasgevind het.

Die Cubs het eerste gekolf en is 93 in 30.2 beurte almal uitgehaal.

Die bouler, Erick Knoesen, het ’n goeie drie paaltjies vir 13 in vier beurte gevat.

Vincent Matraiotti het twee vir tien in vyf boulbeurte gevat.

Daarna het die o.15A-span 94/4 in 16.5 beurte behaal waarvan Nicholas Conradie 54 lopies vanaf 43 balle aangeteken het.

Zwartkop het met ses paaltjies gewen.

Aangesien daar ekstra tyd was, het die twee spanne mekaar in ’n T10-wedstryd aangedurf.

Zwartkop het eerste gekolf en 118/2 in tien beurte aangeteken. Conradie het 52 lopies vanaf 23 balle aangeteken, Christian Visagie behaal 31 lopies vanaf 13 balle en Tyler Miller behaal 22 lopies vanaf 15 balle.

Die Cubs behaal 75/7 in tien beurte waarvan Miller twee vir sewe in een en Conradie twee vir nege in een kry.

Hoërskool Zwartkop wen met 43 lopies.

Matraiotti is as die Bouler van die wedstryd aangewys en Conradie is as die Speler van die wedstryd gekroon.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagramblaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button