EntertainmentNews

‘n Aitsa vir Sonnekus se rockliedjie?

Gaan Zaan Sonnekus se liedjie “Ek kan net bid” 'n Aitsa-toekenning wen?

Die woord kunstenaar roep gewoonlik in mens gedagtes ’n prentjie op van ’n skilder, of beeldhouer. Dan is daar woordkunstenaar, wat mens aan skrywers of digters laat dink. En as mens aan verhoogkunstenaars dink, sien jy akteurs, of muso’s.

Maar wat as ’n mengsel van kunssinigheid in een persoon gevind word?

Dis wanneer jy iemand soos Zaan Sonnekus ontmoet, Pretorianer in murg en been, wat woord en musiek saamvleg in ’n unieke klank.

Vra mens Zaan uit oor die oorsprong van sy naam, wat eintlik Cezaan is, word dit duidelik dat hy al van geboorte af bestem is om niks anders as ’n kunstenaar te wees nie: sy ma was ’n skilder en vandaar het hy sy benoeming na die impressionistiese skilder Paul Cezanne van sy ma gekry.

Skilder hy? Ja dit ook. Maar hierdie alternatiewe rocker wat vanjaar vir ’n Aitsa Afrikaanse Musiektoekenning benoem is vir sy liedjie “Ek kan net bid” het veel meer om te bied.

Eintlik het hy ’n digtersiel, met ’n fyn aanvoeling vir die gewig van woorde, wat hy in lirieke omskep en omtoor in musiek.

Van sy musiek se hy: “Ek het nooit my musiek as ’n kommersiële oefening gesien nie, dit is meer bedoel as terapie – vir myself, maar ook vir mense wat daarna luister. Ja, van die lirieke is hartseer, want dis ’n emosionele uitdrukking waarmee mense aanknoping vind.”

En dat baie daarna luister, is duidelik as mens sien hoeveel aanhangers hy het.

Zaan is op 24 al entrepreneur saam met die optredes en songs skryf – hy werk aan drie besighede gelyk.

En is geensins ’n nuweling in die musiekmark nie. Hy skryf ook liedjies op aanvraag – soos die een vir Afrikaans is Groot waaraan hy tans werk.

Musiek het hom al in sy kinderdae vasgevat, toe hy ’n plastiekkitaartjie in die hande gekry het. En vinnig het hy agtergekom dat musiek hom nooit gaan laat los nie – al het hy vir eers niks daarvan gesê nie.

Koorsing in die Hoërskool (Afrikaans Hoër Seunskool) het hom sekerlik laat besef dat sy stem ook deel van sy toekoms kan wees… en kitaar, klavier, later tromme en sommer alles wat hy nodig gehad het om te leer, het hy met fyn analise aangepak.

Nie almal kan getuig dat hul na musiek kan luister en die verskillende instrumente kan analiseer deur net te luister nie. Maar Zaan se musiek deurvleg sy lewe in geheel. Emosie dra sy liedjies. Of dra die musiek emosie? Albei.

Sonder twyfel is Sonnekus een van ons land se mees beduidende opkomende muso’s. Hy skryf so baie dat daar amper elke dag ’n nuwe liedjie uit sy pen (en instrumente) die lig sien.

“My foon, my kop, my boeke – alles wemel van lirieke, tunes en snertse van nuwe songs,” vertel hy. Lees ook: An engineer pursuing art

“Ek wil nooit ophou skryf, of ophou speel nie. Musiek is wie ek is.”

Alhoewel hy vanjaar in die kategorie Alternatiewe rock liedjie van die Jaar benoem is, glo Rekord dat ons in die toekoms ook benoemings in die Liedjieskrywer van die Jaar te wagte kan wees.

Hou vir Sonnekus dop en volg hom op YouTube: https://www.youtube.com/c/ZaanSonnekus

Luister ook na sy liedjies “Krapmerke”, “Ritalin”, en “Verander” hier.

Gaan stem dan vir “Ek kan net bid” https://www.youtube.com/watch?v=G9pNR1DycJ0 vir ’n Aitsa by https://www.pretoriafm.co.za/aitsa-toekennings/

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button