Local newsNews

Skool debatspanne ding mee in Dink of Sink-debatskompetisie

Elf skole het deelgeneem aan die byeenkoms.

Deelnemers aan AfriForum se “Dink of Sink” het weer bewys hoe flink die jeug op hulle voete kan dink.

Dink of Sink is ’n onvoorbereide debatskompetisie wat by die Hoërskool Montana in Pretoria plaasvind.

Elf skole het aan die byeenkoms deelgeneem.

In 2020 en 2021 moes die kompetisie virtueel plaasvind weens die pandemie, maar vanjaar kon die spanne uiteindelik weer in persoon kragte meet, wat die gehalte van die debatte tot nuwe hoogtes gevoer het.

Junior wenspan, Helpmekaar Kollege.
Foto: Verskaf

Benewens die spanne van Montana, het 29 junior en 23 senior spanne van die Hoërskole Ermelo, Nelspruit, Zwartkop, Waterkloof, Oos-Moot, Overvaal en Menlopark, asook Affies Meisies en Affies Seuns en Helpmekaar-kollege aan die kompetisie deelgeneem.

Na afloop van die middag se uitdunne, het die twee beste junior en twee beste senior spanne die aand in ’n semifinaal by ’n gala-geleentheid teen mekaar te staan gekom om die noordstreek se wenspanne te bepaal.

LEES MEER: AfriForum hou Moot-spruit in stand

Nantes Kelder van De Goede Hoop-koshuis in Pretoria het as gasspreker oor keuses, ouers se verhoudings met hulle kinders en die rol van onderwysers in leerders se lewens gepraat.

Ná ’n vurige debat tussen die toptwee junior spanne, het Danielle Wilkinson, Emile du Toit en Thea Kotzé van Helpmekaar-kollege wenners uit die stryd teen die Afrikaanse Hoër Meisieskool se Amoré Knoetze, Mikayla de Jongh en Yani van Heerden getree.

Junior naaswenspan, Affies Meisieskool.
Foto: Verskaf

In ’n ewe fel debat tussen die twee beste senior spanne, was die wenners die Afrikaanse Hoër Meisieskool se Megan Jones, Miné Hermann en Megan Kruger. Hulle het kragte gemeet teen die Afrikaanse Hoër Seunskool se Wernich Barkhuizen, Righardt Pretorius en Juan Schoeman.

AfriForum is die borg van die kompetisie en aanbieder van die nasionale finaal, wat op 8 Oktober in Centurion sal plaasvind.

Aan die stuur van die kompetisiereëlings staan Nicolene Müller, AfriForum se konsultant vir Dink of Sink, en Alana Bailey, AfriForum se hoof van Kultuursake.

Hulle bedank al die deelnemers, die Hoërskool Montana en in die besonder aan die hoof, Martin Botha, en bemarker, Reinette Deetlefs.

Senior naaswenspan, Affies Seunskool.
Foto: Verskaf

LEES MEER: AfriForum se Groter Moot-tak knap stopstrate in Pierneefstraat op

“Die kompetisie by die Hoërskool Montana is altyd ’n belewenis – geen moeite is vir hulle te veel om almal welkom te laat voel nie,” het Bailey gesê.

“Die spanne se energie en debatsvernuf het ons diep beïndruk en ons sien uit na die nasionale kompetisie om te bepaal wie die junior en senior nasionale kampioene gaan wees,” het Müller bygevoeg.

LEES MEER: AfriForum-span knap omgewing op

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button