Local newsNews

AfriForum se teenboelieveldtogspan besoek Gereformeerde Skool Dirk Postma

Leerders word ook geleer om tussen afknouery en konflik te onderskei.

AfriForum se teenboelieveldtogspan het Gereformeerde Skool Dirk Postma (GSDP) in Pretoria verlede week besoek.

Die doel van die veldtog is om ouers, onderwysers en leerders meer bewus te maak van afknouery en hoe om dit te hanteer.

AfriForum dink dit is van kardinale belang om saam met leerders, onderwysers en ouers te werk om ’n verskil te maak om afknouery in skole te stop.

Die burgerregteorganisasie dring ook aan dat veilige skole sorg vir ’n veilige gemeenskap, nie net vir vandag nie, maar vir die toekoms ook, geskep moet word.

Elke leerder wat die teenboeliepraatjie bywoon, word met die nodige kennis en vaardighede toegerus om as ’n leier in enige boelie-situasie op te tree waar afknouery plaasvind, dus om boeliebestand te wees.

“Leerders word ook geleer om tussen afknouery en konflik te onderskei,”sê Leandie Bräsler, AfriForum se bestuurder vir jeugleierskap.

“Die doel van dié praatjie is om leerders te bemagtig.

“Leerders is ook meer oor die gevare rakende kuberafknouery, die gebruik van sosiale media en die internet ingelig,” sê Bräsler.

“Hierdie teenboelieveldtog is noodsaaklik om leerders bewus te maak van wat boeliegedrag werklik is, sowel as om leerders toe te rus om dit teen te staan en te verwerk.

“Daar is baie keer ’n wanopvatting van wat as konflik en wat as boeliegedrag beskou word, gevolglik word eenvoudige konfliksituasies nie opgelos nie omdat dit as boeliegedrag hanteer word.

“Boeliegedrag is onaanvaarbaar aangesien dit groot emosionele- en ontwikkelingskade tot gevolg kan hê.

Bräsler sê mens moet nie net op diegene wat geboelie word fokus nie, maar ook op hulle wat boelie.

“Beide partye roep om hulp,” sê Erik Visser, die Gereformeerde Skool Dirk Postma se hoof.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button