Local newsNews

Helpende Hand stel jeugterrein in Montana bekend

“Die jeug is ook besig om ’n fonds in samewerking met die Helpende Hand Studietrust te stig om studente te help met hul studies.”

Om jongmense by hul gemeenskappe betrokke te kry deur volhoubare projekte te onderneem, is een van die doelwitte van die Solidariteit Helpende Hand se Pretoria-streek wat Erfenisdag gebruik het om hul terrein in Montana bekend te stel.

Tydens die bekendstelling het AJ Kriel van die organisasie die nuwe vrywilligers ingelig oor Helpende Hand se projekte waarby die jeug betrokke is, en waarby die jeug betrokke moet wees.

“Dit was wonderlik om te sien dat daar werklik mense is wat glo dat hulle die verskil in hul gemeenskap moet wees en dat ons moet saamstaan om hierdie verskil te maak. Dit is nou ons tyd om die aflosstokkie oor te neem en ’n verskil te maak.

“Daar is tans baie min vrywilligers tussen die ouderdom van 20 en 35 betrokke by Helpende Hand se projekte. Daarom het ons dit goed gedink om ’n klomp jongmense bymekaar te kry om hulle bewus te maak dat ons verantwoordelik is vir ons gemeenskappe. Ons moet ook besef dat wanneer ons saamwerk, ons ’n groot verskil binne ons gemeenskappe kan maak,” het Kriel gesê.

Helpende Hand het ongeveer 100 personeellede met 200 takke en dorpsverteenwoordigers in 12 streke.

Hierdie takke bestaan uit vrywilligers wat die behoeftes van Afrikaners in hul gemeenskappe identifiseer en dit dan binne die raamwerk van Helpende Hand aanspreek.

Die Solidariteit Helpende Hand se Studiefondssentrum administreer tans 220 studiefondse ter waarde van R238-miljoen waarmee hul reeds meer as 6300 behoeftige studente se studies oor die afgelope 11 jaar moontlik gemaak het.

Pretoria se jong vrywilligers met die ondersteuning van Helpende Hand se Pretoria-streek beplan om elke kwartaal ’n program aan te bied om jong leerders te bemagtig om eendag volwaardige leiers te word.

“Die jeug is ook besig om ’n fonds in samewerking met die Helpende Hand Studietrust te stig om studente te help met hul studies,” het hy gesê.

Vir meer inligting, of om by die jeug betrokke te raak, besoek www.pretoriajeug.co.za.

READ MORE: Ramcat Fish stel erfenis-wêreldrekord op met reuse boereworsrol terwyl katvisse byt

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button