CrimeLocal newsNewsUpdate

Ingeval jy dit gemis het: Is Jakarandastad die gevaarlikste in Suid-Afrika?

Vier misdaad hoogty in ons stad?

Is Pretoria die gevaarlikste stad in Suid-Afrika om in te woon?

Volgens ’n opname deur Numbeo, is dit nie net die gevaarlikste stad in ons land nie maar die tweede gevaarlikste in die wêreld. Net Caracas in Venezuela, volgens die opname, is gevaarliker as ons Jakarandastad.

Ander SA stede wat in die top vyf genoem word is Durban en Johannesburg. Kaapstad verskyn eers by nommer 20 op die lys – iets wat mense nogal laat wonder.

Wie stel hierdie syfers saam? Hoe word dit bepaal? Is dit statisties verantwoordelik, of nie? ’n Vinnige kykie na die oorsprong daarvan toon dat Numbeo is ’n Serwiese “crowd-sourced” databasis wat persepsies oor verbruikerspryse, misdaadstatistieke, die kwaliteit van gesondheidsorg, en ander sosiale indekse saamstel.

Dus, Pretorianers kan maar gerus wees – dinge het nie skielik versleg nie… dis nie erger as verlede jaar nie – dis blote persepsies wat op hierdie databasis verskyn, nie werklike statistiek nie.

LEES OOK: Elderly man tied up, beaten in a brutal Kameeldrift attack

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button