EntertainmentLocal newsNews

Danny Smoke stel sy nuwe sexy liedjie “Wie’s Jou Kat?” vry

Dit is amper drie jaar sedert Danny Smoke sy debuut as solokunstenaar gemaak het.

Dit is amper drie jaar sedert Danny Smoke sy debuut as solokunstenaar gemaak het.

Nou het Smoke sy lang stilte verbreek met die nuwe sexy en stomende enkelsnit getiteld “Wie’s Jou Kat?”

Hy het verlede Donderdag die nuwe enkelsnit by ’n glansgeleentheid by die Moonshine Resturant in Menlyn vrygestel. Dié aand se tema “Wildest Fantasy” het deelnemers gevra om aan te trek as hul wildste en sexyste fantasie, en hulle het nie teleurgestel nie.

“Wie’s Jou Kat?” is ’n energieke en ritmiese pop-rock liedjie geskryf deur Johan Vorster en is geïnspireer deur “glam rock” van die sewentiger-jare. Die liedjie wil wys dat mense hul fantasieë kan vrylaat en uitleef.

Barthlo Visagie en Demi Lee Moore.

“Ek noem meisies soms katte, so Johan [Vorster] het die liedjie met dit in gedagte geskryf,” verduidelik Danny die inspirasie vir die lirieke.

“Ek sê vir hierdie kat presies wat ek met haar wil doen en hoekom ek haar ’n kat noem,” sê die sanger, wat Def Leppard, Keith Urban en Bryan Adams as van sy musikale invloede reken.

Francois Jacobs, Nykie Pretorius, Janey en Waney.

“Wie’s Jou Kat?” is ’n vurige snit wat luisteraars na die dansvloer sal lok en ontvlugting bied wat onmiddellik ’n slegte bui sal lig.

Volgens die waaghalsige sanger verwag hy dat die liedjie goed ontvang sal word. “Ek wil hê mense moet die kettings breek wat hulle vashou en net ’n goeie tyd sal hê.”

Danny Smoke is vanjaar vir ’n Aitsa-toekenning genomineer vir “Rig Jou Oë na die Berge” deur Jo Black en Refentse, saam met Christoph Kotze en Jacques Mouton.

Verlede jaar het hy ’n Aitsa vir Vervaardiger van die jaar gewen, en het saam met ander Pretoriase groot name soos Irene-Louise van Wyk gewerk.

Hy het verskeie benoemings vir verskillende musiektoekennings onder die gordel, insluitend sy debuutalbum, wat vir ’n Suid-Afrikaanse Musiektoekenning (SAMA) genomineer is.

Rita Li, Janie Bay en Demi Lee Moore.

ALSO READ: Developers promise ‘no pollution’ to east nature reserve during construction

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button