Altruïsme vloei deur HTS John Vorster se are
Onderwysers en leerlinge het saam 119 skenkings op een dag gemaak.

Leerlinge van Hoërskool John Vorster het weereens bewys dat hulle bereid is om terug te gee aan die gemeenskap met hul kwartaalikse bloedskenking, en hierdie jaar het die skool ’n rekordgetal bereik.
Leerders het in toue gestaan om deel te wees van die grootste poging en hul moue op te rol om ander te help.
Op 25 Oktober het die skool 119 skenkings gemaak, en dit bring die jaar se totale skenkings tot ’n ongeëwenaarde figuur van 400.
“Hierdie skenkings kan ’n moontlike 1 200 lewens red,” sê skoolbemarker, Nicollette Vermaak.
“Dit maak HTS John Vorster ’n voorloper-skool wat gemeenskapdiens aanbetref.”
LEES OOK: Gospel-duo stel hul nuwe enkelsnit ‘Need You More’ vry
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
