Saarkie kondig nuwe enkelsnit aan
Die musiekvideo is op vriende se plaas naby Dullstroom geskiet genaamd ‘Hemel op Aarde’.
Kort op die hakke van hul gewilde treffer “Rondomtalie” is Suid-Afrika se gunstelingrockgroep, Saarkie, terug in die kollig met ’n nostalgiese ballade wat luisteraars sal laat terugverlang na hul kinderdae.
Die melodie en lirieke van “Jasmyn Kind” is deur Adèle Fouché geskryf, en sy, Lila Botha en Lourene Mostert het ook die instrumente opgeneem en die musikale verwerking gedoen.
Die snit is vervaardig deur Jacques du Plessis van High Seas Studios en finaal verwerk deur Gustav van Rooyen.
“As ’n mens ’n bietjie stil raak, kan jy dinge onthou wat jou gesond kan maak,” deel die groep.
“Die liedjie vat ons op ’n denkbeeldige reis na geheimsinnige paaie waarop ons almal is.
“Op die ou einde van die dag, maak dit die lewe ’n bietjie ligter om soos ’n kind te wees.”
Volgens die groep, is die liedjie sover baie goed ontvang tydens optredes en spog dit met ’n onderliggende kalmte wat jou diep roer.
Die musiekvideo is op vriende se plaas naby Dullstroom geskiet, genaamd Hemel op Aarde.
Marlie van Unbreakable Media was agter die kamera en wou hê dat hulle ’n dieper aanslag moes neem met hierdie liedjie.
Alhoewel dit koud was en dit op ’n stadium gehael het, het hulle voortgegaan en het dit bygedra tot ’n fantastiese eindproduk.
“Net soos wat kinders natuurlik groot word, gaan ons ook deur natuurlike seisoene in ons lewe.
“Daar is dag en nag, en soms is dit koud en donker, maar dan steek iemand vir jou ’n vuur aan,” verduidelik hulle.
“Al staan jy onder honderd populierbome wat koud waai in die nag, het iemand langs jou waardering vir die waaiende blaartjies en die vuurvliegies in die nag. Sien die mooi deur alle seisoene van jou lewe.
“Ons is dankbaar vir almal wat ons ondersteun het oor die afgelope 17 jaar. Alhoewel nie al die liedjies almal ewe goed presteer nie, was mense nog altyd mal oor ons musiek en daaroor is ons bly.”
“Jasmyn Kind” is die tweede enkelsnit vanaf album nommer ses.
Alhoewel Saarkie, wat oorspronklik bestaan uit Adèle Fouché en Lila Botha, hoofsaaklik nog altyd ’n meisiesgroep was, deel hulle nou die verhoog met enige jong briljante musikant.
Buiten vir die nuwe album, het die groep ’n lekker vol kalender vir die res van die jaar en beplan hulle aan ’n 2023-toer na Nieu-Seeland, Europa en Australië.
Adèle skryf ook musiek vir haarself of ander kunstenaars en verder geniet die tuinroete rondom haar huis ook baie aandag. Sy geniet dit ook om selfdoen-projekte in en rondom die huis aan te pak.
Lila bestuur self haar besigheid – Da Capo Trading – wat korporatiewe drag- en geskenke, werksklere, PPE, borde en meer aan besighede verskaf. Sy is ook ’n kranige tennisspeler.
ALSO READ: Eskom to implement stage 4 load-shedding until further notice
Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.
For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East
For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
