Afrikaans is Groot ‘n resep vir sukses
Die konsert het 'n huldeblyk vir Theuns Jordaan aangebied.
Afrikaans is Groot was vanjaar weer eens ’n groot sukses met al nege vertonings wat in die eerste 24 uur uitverkoop is.
Van Afrikaans se mees geliefde sangers het die skare op hul voete gebring met hul gewildste liedjies.
Kunstenaars soos Riana Nel, Bok van Blerk, Demi Lee Moore, Ricus Nel, Appel, Jo Black, Corlea, Jay, Elandré, Refentse, Karlien van Jaarsveld, Elvis Blue en Ruhan du Toit het die skare met fantastiese optredes vermaak.
Johan Venter van die Coleske Groep, wat gehelp het om die geleentheid te reël, is baie ingenome met die sukses.
“Ons is uiters tevrede met hoe die konsert afgeloop het.
“Sedert 2012 gaan die skou van krag tot krag en ons hoop om volgende jaar dieselfde getalle te sien.”

Venter vertel hul moes twee jaar in ’n ry kanselleer weens Covid.
“Dit voel goed om terug te wees,” sê hy.
“Daar was soveel wonderlike oomblikke en baie mense was tot trane bewoë deur die musiek.
“Almal wat daar was het dit geniet en ons hoop dit kan volgende jaar net so lekker wees.”
Venter sê die Theuns Jordaan-huldeblyk was vir hom besonders mooi en spesiaal.
Kunstenaars het party van die oorlede sanger se mees bekende liedjies saam gesing.

Jo Black sê hy sal nooit die geleentheid vergeet nie.
“Dankie dat julle dit vir ons so spesiaal gemaak het,” het hy op sy Facebook-blad geskryf.
“Daar is hoop en sommer baie daarvan.
“Ons sien uit na volgende jaar!”
Bobby van Jaarsveld was baie dankbaar om die verhoog met ander kunstenaars te kon deel.
“Dit was so ongelooflik lekker om weer op die verhoog te wees na vier jaar en ’n mikrofoon te kon vashou.
“Al het ek baie min gedoen vanjaar was dit ’n groot eer om aan Theuns hulde te bring saam met die manne.
“Ek sien uit na volgende jaar want dan gaan ek baie meer sing.
“Dankie Afrikaans is Groot vir ’n besonderse twee weke saam julle.”
Afrikaans is Groot het SunBet arena Sustainable-toekennings vir lewendige musiekproduksies ontvang.
LEES OOK: Family in mourning after electrician (28) dies tragically


Do you have more information about the story?
Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.
For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East
For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram
