Local newsNews

Deidré Barnard is terug met haar eerste amptelike enkelsnit

Deidré Barnard is terug vir haar tyd in die kollig met haar amptelike eerste enkelsnit, die voetstamp moderne popliedjie “Beskerm Jou Hart”

Deidré Barnard is terug vir haar tyd in die kollig met haar amptelike eerste enkelsnit, die voetstamp moderne popliedjie “Beskerm Jou Hart”.

Barnard het gehore al voorheen opgewonde gemaak toe sy ’n suksesvolle lopie gehad het op die eerste seisoen van Die Kontrak waar sy onder leiding van Dewald Wasserfall derde geëindig het.

Nou is sy terug om haarself as ’n krag te bewys om mee rekening te hou as sangeres en liedjieskrywer.

“Beskerm Jou Hart” is ’n “vibe-y” popsnit met ’n moderne klank en handel oor die belangrikheid daarvan om jouself nie in die stryd en swaarkry van die lewe te verloor nie. Dit is ’n opgewekte snit, met dieper betekenis en ’n boodskap wat almal se harte sal aanraak.

Barnard sê dat die lied geïnspireer is deur Spreuke 4:23. “Ek het baie seergekry in my lewe en het op die harde manier geleer dat almal se bedoelings nie altyd so suiwer en opreg is as wat hulle voorgee nie.”

Hierdie lied kom uit die hart en pen van Barnard self.

Die liedjie is vervaardig deur Robin Kielly en lê haar na aan die hart. Sy glo ook dat dit by oud en jonk sal aanklank vind, want die boodskap is universeel en opbouend.

Watch: https://www.youtube.com/watch?v=7SjdpuBblCA

“Wat ek graag vir mense met hierdie liedjie-konsep wil vertel, is wat my nog altyd deur so ’n moeilike situasie gedra het: Dat ek weet wie ek is, wat vir my belangrik is en in Wie ek gegrond is. As jy dit beskerm en behou – dan kan die lewe met sy slae kom, niks gaan jou heeltemal uit balans bring nie.”

Deidré Barnard is gebore en getoë in die Strand, maar verhuis vanjaar na Pretoria.

Sy sing al so lank as wat sy kan onthou en het amptelik die musiekmark betree toe sy in 2018 op die ouderdom van 16 derde in Die Kontrak geëindig het.

Sedertdien het Barnard ’n platekontrak met Inhoud Huis Musiek gesluit en nie net die kans gekry om deel te wees van die treffermusiekblyspel, Die Gelofte: ’n Musiekblyspel in die rol van Magriet nie, maar ook om in te staan vir Bernice West in die hoofrol.

Om betekenisvolle musiek met ’n sterk boodskap te skryf en te sing is vir haar baie belangrik. Daarom vind sy aanklank by musikante soos Taylor Swift, Bernice West, Refentse, Riana Nell, Elandré en Chris Stapleton, met wie sy almal graag in die toekoms wil saamwerk.

As sy enige ander beroep moes kies, sou sy steeds kreatief wou wees en ’n verskil wou maak. Sy verklap dat sy graag ’n blommeplaas wil hê, met ’n restaurant op die perseel waar mense kan eet en die natuurskoon kan geniet, en dat sy ook eendag ’n boek wil skryf.

Haar planne vir 2023 sluit in die vrystelling van ’n kort plaat en die stigting van haar musiekskool. Sy is ook betrokke by die musiekblyspel Die Kaplyn en hoop om soveel vertonings as moontlik te doen.

“Dit is ’n baie mooi liedjie, wat ook iets belangrik sê. Ongeag jou bui of smaak, kan die lirieke beslis vir jou betekenis inhou. Andersins is dit ook die perfekte liedjie om saam te kuier en mee te dans,” sluit sy af.

ALSO READ: Woman suspected in R17m Eskom fraud gets R10 000 bail

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Ilse Fereira

Ilse Ferreira is the Print News Editor of Rekord Pretoria’s nine print newspapers with more than 40 years of experience covering news. She works with journalists in the newsroom as well as the print production team comprising sub-editors and designers/layout artists. Previously, she worked in various positions in the media field, including advertising, marketing and public relations.
Back to top button