Local newsNews

Moot man vier 27 jaar met nuwe hart

Desmond en sy vrou is baie dankbaar dat hy ná 27 jaar steeds ’n normale lewe kan lei.

Desmond Furstenberg het sy 71e verjaardag op 27 Maart gevier, maar dit was nie ’n gewone reis om die son nie, aangesien dit die 27e jaar sedert sy hartoorplanting is.

Vir 27 jaar klop hierdie nuwe hart in sy bors, en die Moot-inwoner neem geen dag as vanselfsprekend nie.

Furstenberg het op 6 April in 1996 ’n tweede kans op die lewe gekry toe hy ’n hartoorplanting by die Groote Schuur Hospitaal ontvang het.

Die ses uur lange marathon operasie is deur die bekende kardiotorakale chirurg, dr. Johann Brink, uitgevoer.

Desmond het van jongs af met hartprobleme gesukkel nadat hy aan ’n erge aanval van rumatiekkoors gely het.

Die eerste tekens van ernstige hartprobleme het egter in 1989 begin en net vererger totdat hy in Maart 1993 hartversaking opgedoen het en ’n aorta-kruisklem gekry het.

Volgens sy vrou, Marinda, het dinge beter begin lyk en Desmond het sowat 18 maande lank ’n normale lewe geniet totdat hy aan asemhalingsprobleme begin ly het.

Desmond is van een hospitaal na ’n ander geneem en het talle dokters besoek vir menings oor hoe om sy verergerende gesondheidsprobleme te behandel.

In November 1995 is dit besluit dat Desmond in die Groote Schuur-hospitaal opgeneem moet word waar hy talle toetse ondergaan het.

Dit was in hierdie tyd dat dokters ontdek het dat die bron van sy probleem die geleidelike verswakking van sy hartspiere was en daar is dus besluit dat ’n oorplanting die beste koers van aksie is.

Ná die marathon-operasie is Desmond vir drie maande in die hospitaal aangehou om sy toestande te monitor en sy herstel te verseker.

Desmond sê die hersteltydperk was lank, maar is hanteerbaar gemaak deur die hospitaal se uitstekende personeel.

“My toestand het gaandeweg verbeter en na agt dae kon ek reeds ontslaan word en na die tehuis waar ek geloseer het terugkeer,” het Desmond aan Rekord vertel.

“Na ’n reeks positiewe toetse is dit besluit dat ek op 14 Julie in 1996 kon huis toe gaan.

“Ek het in noue kontak met die personeel van die Grootte Schuurhospitaal gebly maar gereelde besoeke het algaande minder geword.”

Desmond en sy vrou is baie dankbaar dat hy ná 27 jaar steeds ’n normale lewe kan lei.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button