Local newsNews

AfriForum stig Garsfontein-tak

Die nuutverkose bestuur vir dié tak is: Stef Potgieter (voorsitter), Fanus Johnson (ondervoorsitter), Deon Smidt (tesourier), Hans Lombard (sekretaris), Kobus Morgan (projekte) en Josua Du Toit (Jeug en Sport).

Die burgerregteorganisasie AfriForum het op 22 Maart ’n splinternuwe tak in Garsfontein gestig.

Dié tak sluit ook Faerie Glen in.

Dit volg nadat daar uit verskillende oorde navraag van AfriForum-lede vir ’n tak in hierdie area was.

Die bekendstelling van die nuwe tak is by Valleisig Nederduitse Gereformeerde Kerk in Faerie Glen gehou.

Tydens die vergadering is daar uitgebrei oor die rol wat AfriForum-strukture in gemeenskappe speel en idees vir projekte in die omgewing wat van stapel gestuur gaan word is ook bespreek.

Die nuutverkose bestuur vir dié tak is: Stef Potgieter (voorsitter), Fanus Johnson (ondervoorsitter), Deon Smidt (tesourier), Hans Lombard (sekretaris), Kobus Morgan (projekte) en Josua Du Toit (Jeug en Sport).

“Dit is ’n voorreg om nuwe takke in gemeenskappe op die been te bring,” sê Dewet Ungerer, distriksoördineerder vir Groter Pretoria-Suid.

“AfriForum is bewus van al die bestaande strukture in die omgewing en sal poog om met elke struktuur, organisasie en onderneming hande te vat om die vooruitgang in die gemeenskap te bevorder.”

AfriForum moedig die gemeenskap aan om by hul plaaslike organisasies en strukture betrokke te raak om te verseker dat die buurte van Garsfontein en Faerie Glen ’n pragtige gemeenskap bly.

AfriForum se Garsfontein-tak se bestuur is reeds met beplanning besig vir projekte in die area en sal met die gemeenskap oor dié projekte kommunikeer,” sluit Ungerer af.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button