Local newsNews

AfriForum staan polisie by met arrestasie

Die verdagte is gearresteer vir die besit van dagga met die doel om te verkoop.

AfriForum Groter Moot het verlede week Woensdag die Moot polisie bygestaan met die arrestasie van ’n verdagte wat dagga besit het.

Volgens die Groter Moot Facebook-blad het die span ’n noodoproep op hul gemeenskapsveiligheidsgroep ontvang.

Die noodreaksie het ’n onderonsie tussen die polisie en die verdagte op die hoek van 30e en Ben Swart straat aangemeld.

Binne enkele minute het buurtwaglede by die toneel opgedaag en kon hulle die SAPD bystaan.

Die verdagte was besig met ’n transaksie toe hy met die polisie se aankoms in ’n motor gevlug het.

Die polisie het die verdagtes se kamer deurgesoek met bystand van die AfriForum-span.

Die verdagte is gearresteer vir die besit van dagga met die doel om te verkoop.

“Ons spreek ons dank uit vir die wakker en vinnige optrede van die SAPD-lede sowel as vir die gemeenskapslede wat flink gedink het en die buurtwag se hulp ingeroep het,” sê buurtbeampte, Andries Opperman.

LEES MEER: Tuks awards WHO chief honorary degree

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button