Local newsNews

Dricus du Plessis vind inspirasie by die Voortrekkermonument

“Afrikaners is bekend vir hul deursettingsvermoë, hul dryfkrag en hul vasbyt en ek vind regtig baie inspirasie hierin, veral voor ’n groot geveg.”

Dricus du Plessis is een van die bekendste gemengde gevegskuns oftewel MMA-supersterre in Suid-Afrika.

Hy het ook groot aanhang ter wêreld en het ter voorbereiding van sy volgende groot geveg die Voortrekkermonument gaan besoek vir inspirasie.

Du Plessis pak op 8 Julie die Australiese vegter Robert Whittaker.

Hy is nou die nommer-ses vegter in die Ultimate Fighting Championship (UFC).

Die vegter het tydens sy besoek gesê hy vind baie inspirasie en hoop in sy land en veral by die monument waar sy voorouers se verhaal vertel word.

“Afrikaners is bekend vir hul deursettingsvermoë, hul dryfkrag en hul vasbyt en ek vind regtig baie inspirasie hierin, veral voor ’n groot geveg.”

AS JONG VOORTREKKER HET DU PLESSIS OP SKOOL REEDS ’N GROOT VOORLIEFDE VIR AFRIKANERKULTUUR EN -GESKIEDENIS ONTWIKKEL.

Daarom het hy destyds besluit om vorentoe te tree as beskermheer van die monument én ondersteun hy vandag nog die monument.

“As deel van ons voorbereiding vir die volgende Ultimate Fighting Championship geveg moes ek baie bemarking begin doen.

“My span besluit toe om ’n reeks video’s te maak en ek het dadelik geweet ek wil by die monument kom aanklop.

“Dit is waar my hart is,” sê Du Plessis.

Du Plessis het ook van dié geleentheid gebruik gemaak om uit te reik na die publiek.

Hy moedig hulle aan om met hom hande te vat en te sorg dat die monument vir nog baie jare behoue sal bly.

“Ek voel baie sterk daaroor dat ons as Afrikaners moet saamstaan om ons erfenis te bewaar.

“Daarom het ek destyds ook ingestem om die monument se beskermheer te word.

“Nou wil ek graag ander inspireer om hul hande uit te steek en saam met my te veg om ons kultuurtuiste te bewaar vir die komende geslagte,” sluit hy af.

LEES: FAK en AfriForum loods opvolgprojekte by Heldeakker-begraafplaas

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@rekord.co.za or phone us on 083 625 4114.

For free breaking and community news, visit Rekord’s websites: Rekord East

For more news and interesting articles, like Rekord on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

 
Back to top button