Local newsNews

Skelms teiken Pretoria-Noord en Wolmer tydens beurtkrag

“Die beste manier om hierdie soort misdaad in die kiem te smoor, is om die mark vir gesteelde infrastruktuur te sluit.”

Skrootmetaaldiewe teiken die afgelope twee maande woonbuurte in Pretoria-Noord en Wolmer tydens beurtkrag om watermeters en kragkabels te steel.

Die plaaslike GPF het ’n skrootmetaalwerf geïdentifiseer wat na bewering die gesteelde goedere aankoop en dit by die polisie aangemeld wat die saak opvolg.

Die VF Plus moedig inwoners aan om op die uitkyk te wees vir verdagtes en dit dadelik aan die Tshwane-metropolisie of polisie te rapporteer.

Inwoners kan ook skrootwerwe rapporteer wat vermoedelik betrokke is by die aankoop van gesteelde infrastruktuur.

Alle inligting sal as vertroulik behandel word.

“Die beste manier om hierdie soort misdaad in die kiem te smoor, is om die mark vir gesteelde infrastruktuur te sluit.”

Die Villieria-polisiestasie het die volgende veiligheidswenke aangebied vir inwoners om te volg wanneer dit by huis- en besigheidsrooftogte kom:

Huisrooftogte:

– Wees altyd op die uitkyk vir verdagte persone en voertuie.
– Verhoog sekuriteit deur toegangsdeure met veiligheidshekke te pas en diefwering op vensters te installeer.
– Versoek bure om ’n ogie te hou wanneer jy vir ’n lang tydperk weggaan.
– Moenie hekke en deure vir vreemdelinge oopmaak nie.
– Verifieer die besonderhede van enigiemand voordat jy hulle in diens neem en kontroleer die egtheid van ’n kontrakteur voordat jy toegang tot die perseel toelaat.

Besigheidsrooftogte:

– Moenie te veel geld op die besigheidsperseel hou nie.
– Wees op die uitkyk vir verdagte kliënte.

Die metropolisie kan geskakel word by die volgende foonnommer en e-posadres: 012 358 7095/6 of TMPDComplaints@tshwane.gov.za.

Pretoria: ’n wêreldklas-stad teen 2050

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie?

Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button