Hougaard gediagnoseer met aspirasie pneumonie, beterskap op pad
Oud-Springbok rugbyspeler Derick Hougaard is 19 dae gelede opgeneem met aspirasie longontsteking. Met so 'n aandoening beland maaginhoud soos kos of vloeistof in die longe en kan longontsteking veroorsaak.
Sangeres Nádine sê dat 40-jarige oud-Springbok Derick Hougaard na ’n moeilike twee weke in die Steve Biko Akademiese Hopsitaal nou self kan asemhaal nadat hy van die ventilator ná 12 dae in ’n koma afgehaal is.
Hy is met aspirasie pneumonie gediagnoseer.
Met so ’n aandoening kan mens verstik óf opgooi in jou slaap met braaksel van spoeg, kos of vloeistof wat in jou longe beland. Hiervan kan jy dan versmoor.
Hougaard het volgens haar ook las gehad van bloedklonte en ’n gebrek aan sirkulasie in sy linkerarm.
Vandag is die 19e dag wat Hougaard in die hospitaal is nadat Nadine hom op 10 Junie bewusteloos in sy tuiste aangetref het. Hy het op die 15e dag weer gepraat en gepoog om te stap.
Gister het sy met haar eie en Hougaard se aanhangers op ’n Facebook-status gedeel dat hy al twee dae lank self asemhaal en begin eet het.
Hougaard fluister glo wanneer hy praat en het wel nog suurstof nodig. Hy is wel uitgeput maar angstig om te begin loop.
Sy het aanhangers bedank wat vir sy gesondheid en beterskap bid en vra dat daar hiermee voortgegaan word.
Sy het aan Martin Bester op ’n radioprogram op JacarandaFM gemeld dat hy gefluister het dat hy dankbaar is vir al die ondersteuning.
- Liefling van Loftus-liedjie wyd oor sosiale media gedeel, Bokke bid vir Hougaard
- Geliefdes uit Kaap omring Liefling van Loftus nou ook tydens koma in Pretoria-hospitaal
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
