Local newsNews

Sprankelende aand vol samesyn ‘n ware tuiskoms vir gehoor

Die SPAR Kersliedjies by Kerslig-konsert in samewerking met radiostasie Jacaranda 94.2 was 'n glansaand vol akrobatiese toertjies, samesyn en sprankelende sang.

Die jaarlikse Jacaranda 94.2 en SPAR Kersliedjies by Kerslig-konsert was ’n skouspel op 6 Desember met flonkerende Kersliggies in bome en meters-hoë Kersbokkie-versierings.

 

Akrobate het oor die verhoog aan glansende daklinte oor die skare van meer as 7 000 g

 

Berg was die ster van die aand met haar vertolking van verskeie klassieke liedjies sowel as haar “Santa baby”-duet saam met Demi-Lee Moore.

 

Skuif maar opsy Gwen Stefani! Hierdie twee sangers hoef glad nie agteruit te staan met die vertolking nie.

 

Berg was ook deel van die 12 sangers wat die bekende treffer, “The twelve days of Christmas”, grappenderwys vertolk het.

 

Hierdie komiese sanger van talle musiekblyspele het met die tradisionele liedjie vir ’n ligte oomblik met haar volle ryk stemomvang en elegante handgebare gesorg.

 

Brendan Peyper. Foto: Elize Parker

Zac Klaasen. Foto: Elize Parker

Uit die 12 sangers op die verhoog was dit net veteraan-sanger Judith Sephuma wat saam met haar letterlik nuwe hoogtes met die liedjie kon bereik.

 

Idols-wenner Lloyd Cele het ook sy sin vir humor met die vertolking van die liedjie gewys toe hy vir Kurt Darren “twee loslappies” as geskenk aangebied het.

 

Talle liedjies het rondom Darren se vertolkings daarvan gedraai, onder meer die bekende loflied aan Afrika, “My African Dream”.

 

Hy het die lied saam met die Soweto Gospel Choir tot ’n onteenseglike hoogtepunt van die aand met sy meer ernstiger aanslag uitgebrei.

 

Kurt Darren. Foto: Elize Parker

Elandré. Foto: Elize Parker

Jakaranda FM-aanbieders Alex Jay van die Weekend Breakfast-program en Elana Afrika-Bredenkamp van die oggendontbytprogram, The Work Zone was ook daar.

 

Jay het met sy vriendelike en ligte geselsie by die tema van die aand aangesluit: Liedjies oor en vir mense wat moet reis om tuis te kom.

 

“Vanaand beleef ons met ons saamwees die bekoring om tuis te kom,” sê Jay.

 

Bredenkamp was haar spitsvondige self en het die gehoor vermaak met haar borrelende normale aanslag van haar op-en-wakker program.

 

Bernice West se vertolking van “Stille nag van vrede” het meer diepte aan die aand gegee.

 

Die gehoorgunstelinge van die aand was egter twee onder tien-sangers.

 

Kleinseuns Raylin en Lejan Lotter saam met hul ouma, Yvonne Schultz, het voor die konsert die Kersliggies gaan verken. Foto: Elize Parker

Helga Nel en Daniel Ansley van Brooklyn het vooraf op die plein vol kersversierings rondgestap. Foto: Elize Parker

Die aanbieding van die gewyde lied, “Pie Jesu”, deur die jong Zac Klaasen, het die gehoor tjoepstil gemaak totdat die applous aan die einde losgebars het.

 

Hy het soos ’n stroopsoet koorseuntjie elke noot perfek bereik met ’n stemomvang waarvoor ouer sangers hul voortande sou gee.

 

Die sesjarige Desmond Koolen het saam met die Soweto Choir en Lloyd Cele uitgeblink as ’n jong sanger en danser wat met sy sjarmante verhoofpersoonlikheid nog ver gaan kom.

 

Desmond Koolen. Foto: Elize Parker

Dit is reeds die 21e jaar wat die borg SPAR die konsert ondersteun. Vier akteurs het die kleingoed by die Kleutersone kom vermaak: Thebang Bakkies, Monique Hepburn, Riaan Steenberg en Sean Mlambo. Foto: Elize Parker

Skare-gunstelinge, Elandré en Brendan Peyper, se stemme het goed geharmoniseer op die onverwagse Kersliedjie-duet van die aand, die Laurika Rauch-komposisie, “Kyk hoe glinster die maan”.

 

Die werklike rede vir die feestydoptrede is deur die omroeper met die meelewende hart, Martin Bester, van die ontbytprogram verduidelik in ’n video.

 

Bester het die New Jerusalem Children’s Home saam met die span van Good Morning Angels besoek.

 

Die span het hande gevat met die Santa Shoe Box-projek waartydens van die borge se skenkings en die bedrae ingesamel met verlede se Kerskonsert aangewend is om behoeftiges se Kersfees gelukkiger te maak.

 

Bester is die ware Kersvader in hierdie storie van meelewing met die manier wat hy en sy span luisteraars se bydraes soos met die toegangsfooie vir die konsert, aanwend om waardigheid tydens Kersfees en ander tye van die jaar te herstel.

 

Patience Temba en Calvonia Manamela. Foto:Elize Parker

Desmond Koolen. Foto: Elize Parker

Verskeie kere tydens liedjies het akrobate as ‘engele’ oor die verhoog en gehoor gesweef. Foto: Elize Parker

Die 21e konsert van Jacaranda 94.2 en SPAR het waarlik inhoud gegee aan die een liedjie wat die meeste konsertgangers mee saamgesing het. Cele het “Hold on to the light” as ’n hoopvolle Kerswens oor die gehoor uitgespreek.

 

’n Paslike lied om mee tuis te kom na ’n aand van glans, Kersliedere en vrolike samesyn.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

 

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

 

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Back to top button