Local newsNews

Militêre fees met doedelsakke en honde ‘n groot sukses

Honderde besoekers het na die Vootrekkermonument op Werkersdag gestroom om aan talle bedrywighede by die Pro Patria Museum se Militêre Fees deel te neem.

Duisende besoekers het op Werkersdag, 1 Mei na die Voortrekkermonument gestroom om aan die Pro Patria Museum se Militêre Fees by die Amfiteater deel te neem.

Volgens Leonie Marais, direksielid en kurator van die museum, was dit die grootste militêre fees in die afgelope drie jaar by die monument.

Volgens afgetrede generaal-majoor Lawrence Smith, voorsitter van die Pro Patria Museum, was daar vanjaar 25% meer militêre veterane-organisasies wat deelgeneem het aan die fees.

Die gevegshond Wolfi en Roché Vermaak het diere verteenworodig wat tydens veldslae en oorlogvoering gesterf het. Die Duitse herdershond is die ambassadeur vir al die diere soos honde en perde wat gesneuwel het tydens hul diens aan eenhede en word dikwels na kransleggings by parades deur Vermaak geneem om eer aan sulke diere te bring.

Die South African Indian Legion of Military Veterans het ’n fondsinsameling tydens die fees gehou vir ’n moontlike toekomstige permanente uitstalling in ’n museum in Johannesburg.

Lede van verskeie groepe wat veldslae herdenk gedurende nasionale en internasionale oorloë, het in tradisionele gevegsuitrusting aangetrek vir die Militêre Fees. Jungle Cong in Russiese gevegsuitrusting, Haiden Panaino in Anglo Boereoorlog-gewaad deur die Imperial Yeomanry en Marc Quesnel in Royal Cavalry van die Kanadese Weermag.

Lionel Moodley, voorsitter van die vereniging, sê die legioen se fokus is om bewustheid te skep vir die rol wat hul lede tydens veldslae gespeel het.

“Ons fokus ook om bydraes van die legioen se lede tot die geskiedenis van oorlogvoering te dokumenteer,” verduidelik Moodley.

Diegene wat ’n ervaring van ’n soldaat aan diens wou hê, kon deelneem aan Die Infanterie Uitdaging. Besoekers kon kies watter lading in kilogramme, soos 50kg, hulle op hul rug wou dra en op ’n vasgestelde roete en inskryffooi die trappe van die Amfiteater uit te klim. Die fondse sal vir militêre veterane se welsyn aangewend word.

’n Program is ook aangebied deur sprekers wat verskeie aspekte van oorlogvoering tydens die Grensoorlog onder die loep geneem het.

George Richter het ’n aanbieding gelei oor die rol van recces in Ops Gordon in Mosambiek in 1980 en kommandant Daan de la Rey het namens 32 Bataljon oor die stigting van die bataljon en UNITA (National Union for the Total Independence of Angola) gesels.

Besoekers kon by meer as 80 stalletjies iets te ete kry, na toerusting uit verskillende oorlog-eras kyk, boeke soos biografieë van soldate koop en inskryf om ’n toer na Angola vir militêre veterane mee te maak.

‘n Groep van 30 motorfietsryers het aan ‘n optog deelgeneem by die Militêre Fees. Gert van der Merwe van Montana en Jan Visser was deel van die brulbrigade.

– VIDEO: Kliek op die skakel om doedelsakspelers in aksie te sien:

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na  bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

 
Back to top button