Local newsNews

Gemeenskap vereer oorlede brandbestrydershelde by sentrum

Die toewyding van brandbestryders is met huldeblyke, gebed en demonstrasies gevier.

Op Saterdag 4 Mei het die Pretoria gemeenskap by die Kolonnade retail park bymekaargekom om Internasionale Brandbestrydersdag te vier, en om die moed en opoffering van brandbestryders rondom die wêreld te vereer.

Die dag dien as ’n huldeblyk aan die risiko’s en uitdagings wat hierdie dapper manne en vroue in die uitvoering van hul pligte in die gesig staar.

’n Plegtige byeenkoms by Wonderboom Brandweerstasie het die dag afgeskop, waar nooddiensdepartement-werkers byeengekom het om hulde te bring aan hul oorlede kollegas en om brandbestryders se onbaatsugtige werk te erken.

Daarvandaan het ’n groep voertuie na die hoek van Dokter Swanepoel-rylaan vertrek, waar die optog na die Kolonnade retail park begin het.

Onder leiding van adjunkhoof Thabo Mabaso, het die gedenkdiens volgens ’n noukeurig beplande program ontvou om die dapperheid en toewyding van die brandbestryders te waardeer.

Die diens is geopen met die sing van die volkslied.

Hoof van Nooddienste, Moshema Mosia, het die gemeenskap verwelkom en die doel van die geleentheid uiteengesit, en die belangrikheid daarvan beklemtoon om die opofferings te erken wat deur brandbestryders in die uitvoering van hul pligte gemaak word.

’n Brandweergebed is gelei deur die vooraanstaande brandweerbestryder, Nomsa Maroos.

Grandi Theunissen, burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsveiligheid en nooddienste, het ’n toespraak gelewer en sy dankbaarheid uitgespreek oor die toewyding van die brandbestryders en hul onskatbare bydrae tot gemeenskapsveiligheid. “Vandag vereer ons hierdie dapper mans en vroue en ons onthou diegene wat in die uitvoering van hul pligte gesneuwel het. Ons bring hulde aan brandbestryders wat hul lewens verloor terwyl hulle die gemeenskap dien.

Die afgetrede werknemers is deur Mosia vereer.

Adjunkhoof Refiloe Phantshang het die voorlesing van die oorlede brandbestryders se name gelei, wat gepaard is met die lui van ’n koperklok in ’n huldeblyk aan diegene wat hul lewens in die uitvoering van hul pligte verloor het.

Voorsitter van die Artikel 79 Komitee, Gemeenskapsveiligheid en Nooddienste, Thabang Sebotsane, het sy dankbaarheid uitgespreek teenoor almal wat tot die sukses van die geleentheid bygedra het.

Na die afsluiting van die amptelike program, het, die gemeenskap die geleentheid gehad om met brandweerwerkers te gesels en demonstrasies by te woon.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na  bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

 
Back to top button