Blues gee geleentheid vir individualiteit
”Musiek is my lewe. Dit is wie ek is,” benadruk hy as hy sê dat hy nie vir een dag in sy lewe sonder musiek kan wees nie.

As ’n klein kannetjie van net so skuins oor die twee jaar oud, het Martin Botha saam met sy ma na al wat ’n orkesoptrede in Middelburg was, gegaan, en sommer so onder die tafels geslaap terwyl sy die klawerbord saam met die ander orkeslede laat sing het, terwyl daar gedans en ge-jollifikasie is.
Het dit hom beïnvloed om ’n muso te word is ’n vraag wat mens nie hoef te vra nie – sy musiek is die antwoord. Is musiek sy passie, sy liefde? Interessant genoeg antwoord hy “nee, dit is nie”.
”Musiek is my lewe. Dit is wie ek is,” benadruk hy as hy sê dat hy nie vir een dag in sy lewe sonder musiek kan wees nie.
Sy kinderdae in Middelburg was altyd met musiek verweef. Maar eers teen so 16 het hy ’n kitaar opgetel en die snare onder sy vingers laat sing.
“Ek is nou nog jammer ek het nooit formele onderrrig gehad nie,” se die kranige blues muso wat op gehoor leer speel het. Maar hy het nooit teruggekyk vandat hy die genre ontdek het nie. Hy het wel in sy omswerwinge in die musiekbedryf al menige verskillende genres onder die knie gekry: country, heavy metal, en gospel. Maar hy is “te bluesy” het hy gehoor. En besluit om sy eie pad in te slaan.
Maar wat het hom na blues gelok? “Dis eerlik, rou eerlik,” se hy. “En intens. Dis eintlik ‘n diep emosionele ervaring van musiek. Sekere soorte ligter musiek is lekker om na te luister, maar dit vat jou nie op ‘n emosionele reis soos wat blues doen nie.
“Ek kry die geleentheid om my eie interpretasie (’n stukkie van myself) in elke song in te werk. Martin glo ’n musikant moet nooit ’n cover presies namaak nie “as mens dit doen neem jy eintlik ‘n stukkie weg van ’n ander persoon se talent. Ek maak liewer ’n unieke weergawe van die song.” En dis dan juis sy weergawe van “Crossroads” wat my laat regop sit het. In der waarheid het ’n Britse maatskappy so baie van sy weergawe van “Walking Blues” gehou dat dit vir hom gedeelde tantieme verdien (onder die naam “Them Walkin Blues”). INSERT LINK
Maar hy doen nie net covers nie. Later vanjaar sien sy eerste Afrikaanse Blues album die lig. Dit volg op twee Engelse albums, “Leaving the station” en “Blues Chemistry”, wat alreeds op Spotify te vind is.
Sy skrywe van musiek is elke oomblik met hom: waar hy werk, griffel hy gou lirieke en brokkies van idees en later weef hy dit saam met die ander elemente. Hy vertel dat hy ’n song begin met die kitaar eerste, gevolg deur die struktuur waarby hy lirieke voeg wat by die vibe pas. Hy self speel nie net kitaar nie maar ook dromme, bas en keyboard.
“Net een van my songs het andersom begin – ek het my vrou se dagboek opgetel en wat sy op die een dag geskryf het, het my so geïnspireer dat ek dit net so in ’n song geskryf het,” vertel hy. (Gaan luister gerus na 21 April (LINK). Maar elke een van sy songs is ‘n deeltjie van wie hy is. Dus is musiek maak nie net ’n plastiekweergawe van iets wat mooi klink nie. Dis ’n klein stukkie Martin-DNA waarvan jy deel word.
Hoe beskryf hy self sy styl? “Iets soos ‘n mengsel van Piet Botha en Jan Blohm,” wat sê dis energiek en blatant eerlik.
Martin speel saam met twee ander manne, Hannes van Wyk (baskitaar) en in Jan Blohmn band met die naam Blackwater. En hulle plek op die verhoog by Strab is reeds bespreek. Die Strab festival wat einde Mei plaasvind is die toppunt van blues muso Jan BlohmJan Blohms se jaar. Met 30 jaar se musiekmaak op sy CV, is hy iemand wat sy plek op die die Strab Fest in Mosambiek se verhoog verdien.
Maar Martin, wat sy eie huisverbeteringsbesigheid bedryf, is ook Jan Blohmn gesinsman. Sy vrou en seun woon amper elke gig by, en hulle koppe staan ook Strab toe. Strab het sedert die eerste fees in 2003, gegroei na DIE plek waar R&B en veral Blues rock kunstenaars hul stempel stewig kan afdruk.

Loer hier vir Martin se musiek:
https://open.spotify.com/user/p8lxlby36buab6yr0pm9xe56b?si=u89nDz2eRBGFvUUz2KAJIw
En ja, Martin was al daar en het die verhoog met groot name soos Karen Zoid gedeel. Darem jammer dis so ver van Pretoria af….
https://www.youtube.com/@blackwater5619
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
