Local newsNews

Man met geheueverlies geïdentifiseer ná lang hospitaalverblyf

Na drie maande van onbekendheid is Derek van Breda uiteindelik geïdentifiseer en herenig met sy familie, danksy die hulp van Pretoria-inwoners en die Tshwane-distrikshospitaal.

Die onbekende pasiënt by die Tshwane-distrikshospitaal is uiteindelik na byna drie maande as Derek van Breda geïdentifiseer.

Volgens die hospitaal kon hulle ook een van sy familielede opspoor. “Die pasiënt se suster is opgespoor.”

Die hospitaal het op 25 April na die publiek uitgereik via hulle Facebook-blad om die man te help identifiseer.

Volgens die hospitaal het hy nie geweet wie hy is of wie sy familie is nie. “Die pasiënt het geen herinnering van sy identiteit nie. Hy kan nie sy familielede onthou of waar hy vandaan kom nie,” het die plasing op Facebook gelui.

Van Breda is aanvanklik met kopbeserings na die hospitaal gebring nadat hy met ’n glasbottel oor die kop geslaan is.

Die erns van sy kopwonde het onmiddellike mediese aandag geverg, waarna hy na saal 5 oorgeplaas is, vir die behandeling van ’n geestesiekte.

Die hospitaal se beroep op Pretoria-inwoners via hul Facebook-blad was suksesvol en die gesamentlike poging van almal wat betrokke is, het groot verligting gebring.

Vir enige opdaterings of om meer uit te vind oor hoe jy soortgelyke gevalle kan ondersteun, kontak die maatskaplike werkers by Tshwane Distrikshospitaal by 012 354 7043/7753/7000.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? 

Stuur gerus vir ons ‘n epos na  bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button