Local newsNews

Laerskoolkinders leer oor die negatiewe impak van boeliegedrag

Burgerregte-organisasie AfriForum se Anti-Boelie Veldtogspan en gelukbringer, Matteus, het Laerskool Elarduspark besoek.

Meer as 840 leerders van Laerskool Elarduspark in die ooste van Pretoria is onlangs geleer oor die uitwerking van boeliegedrag en die verskillende vorms.

Burgerregte-organisasie AfriForum se Anti-Boelie Veldtogspan en gelukbringer, Matteus, het die skool besoek.

In ’n poging om boeliegedrag teen te staan het die organisasie sy boodskap oorgedra aan leerders in graad 4 tot 7.

AfriForum se boodskap, geïnspireer deur die konsep van die “volle wapenrusting van God”, het ’n diep
uitwerking op die leerders gehad.

Die organisasie bemagtig vir sewe jaar al skole landswyd met hierdie veldtog.

“Ons skep hoop en moedig kinders aan om mekaar met respek te behandel. Deur om jong bome te buig, vorm ons ons gemeenskappe se toekoms,” sê Leandie Bräsler, AfriForum Jeug-bestuurder.

Volgens Trends in International Mathematics and Science Study (TIMSS) van 2015, het 44% van graad 5-leerders in Suid-Afrika gerapporteer dat hulle op ’n weeklikse basis geboelie word.

Hierdie studie het bevind dat boeliegedrag die meeste voorkom onder graad 5-leerders in Suid-Afrika uit die 49 lande wat deelgeneem het.

Leerders tydens die besoek van AfriForum se Anti-Boelie Veldtogspan. Foto: AfriForum

Verder het 34% van leerders gerapporteer dat hulle maandeliks geboelie word.

Bräsler sê hierdie hoë persentasie toon ’n ernstige probleem wat die emosionele en akademiese welstand van jong kinders affekteer.

“Dit is dus belangrik dat ouers hul kinders met die nodige kennis en vaardighede bemagtig om boeliegedrag te bekamp. Ouers en kinders moet ook proaktief optree om te verhoed dat die boeliegedrag verder uitbrei.”

Sy sê bewustheid oor boeliegedrag in skole is deurslaggewend, want dit bevorder ’n veilige en ondersteunende leeromgewing.

“Hierdie veldtogte help om leerders in te lig oor wat boeliegedrag behels en die negatiewe impak wat dit op slagoffers het.”

Sy sê deur om bewustheid te skep word empatie en respek onder ons kinders bevorder, wat kan lei na ’n meer samewerkende en inklusiewe skoolkultuur.

’n Onderwyseres by die skool, Hester van Schalkwyk, sê veldtogte om waardevolle hulpbronne en ondersteuning aan boelieslagoffers te verskaf, help hulle om hul situasies beter te hanteer.

“Onderwysers en personeel word met die nodige vaardighede en kennis toegerus om effektief boelies te identifiseer en aan te spreek,” sê Van Schalkwyk,

Vir meer inligting oor AfriForum se Anti-Boelie Veldtog en om die gratis anti-boelie en kuberboeliegids af te laai, gaan na www.teenboelie.co.za.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? 

Stuur gerus vir ons ‘n epos na  bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button