News

Het jy jou diamant trouring in die Moot area verloor?

Is jy die eienaar van ʼn verlore diamant trouring wat gevind is in die parkeerterrein van Checkers in Waverley, Pretoria?

‘n Mooter is opsoek na die eienaar van ʼn verlore diamant trouring wat gevind is in die parkeerterrein van Checkers in Waverley, Pretoria.

Lydia van der Kooy, sosialemediabeampte by Sol-Tech se sy het uit haar motor geklim toe haar oog iets blink op die grond gevang het.

Dit was toevallig 29 Junie, haar verjaarsdag.

“Toe ek dit optel, sien ek dit is ʼn pragtige trouring.”

Lydia het mense in die parkeerterrein begin vra of die ring dalk aan enige van hulle behoort. Maar helaas, die eienaar kon nie opgespoor word nie.

Lees ook: Moot-vleisberoker vuur en vlam vir internasionale deelname

“‘n Trouring is so ‘n mooi simbool van die belofte wat ‘n man en vrou voor God aflê.

“Ek is opsoek na die eienaar van die ring. Help asb om die berig te deel. Dalk, net dalk, kan ons iemand se dag maak.”

Sy en haar man, Robbert, is al 12 jaar getroud. So Lydia weet weet hoe spesiaal só ʼn ring vir iemand kan wees.

Het jy jou diamant trouring in die Moot area verloor?
Lydia en Robert van der Kooy op hul troudag. Foto: Verskaf

“ʼn Mens heg baie waarde aan jou ring. Dis tog ʼn simbool van jou en jou man se storie saam. As ek my trouring verloor, sal dit vir my verskriklik wees,” sê sy.

Lydia sê die ring van witgoud lyk redelik nuut. Sy sal die ring oorhandig aan iemand wat ʼn deeglike beskrywing daarvan kan gee, of beter nog, ʼn foto daarvan kan verskaf.

Teen Dinsdag het Lydia al baie navrae oor die ring ontvang maar die eienaar is nog nie opgespoor nie.

Sy hoop – en glo – sy sal die ring aan die eienaar kan terugbesorg.

Het jy dalk meer inligting oor dié ring of eienaar? Stuur gerus vir Lydia ‘n epos na lydiavdkooy@gmail.com

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? 

Stuur gerus vir ons ‘n epos na  bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

 

 

Back to top button