Local newsNews

Pretoria-rockgroep gaan M.A.L.

Die Rockroep van Pretoria is besig om hulself nasionaal as een van die vooraanstaande opkomende groepe te vestig.

’n Musiekgroep van Pretoria, M.A.L., het aan die Taalgenoot-RUK EN RYM-finaal op Saterdag, Oktober 12 as finaliste deelgeneem en uitgeblink.

Die groep het ook in September die GROOTfm 90.4 Battle of the Bands-kompetisie gewen.

Die Taalgenoot-kompetisie vir alternatiewe klankskeppers wat musiek met Afrikaanse lirieke maak, se eindrondes is by Railways Café in Centurion en by die Daisy Jones Bar gehou as deel van die amptelike program van die Toyota Stellenbosch Woordfees.

M.A.L. het liedjies soos “Antisosiaal”, “Sterre verloor”, “Sleg vir my” en “Estetika” gesing as kompetisie-inskrywings.
Geen van die liedjies is al vrygestel nie.
Die groep bestaan uit Lisa Combrink (sanger) van Pretoria-oos, met Bevan Martin (kitaar), Dominic Mcnabb (tromspeler) en Dwayne Mcnabb (baskitaar) – aldrie van Pretoria-Wes.

Die lirieke en melodieë van die groep se liedjies is deur Combrinck geskryf met die hulp van Martin wanneer dit by die musiek kom.

Die wenners was Dierbaar na die Maan van Stellenbosch, met naaswenners Die FakboiZ van Bellville.

Gedurende die semifinale rondes het 20 groepe en kunstenaars meegeding om ’n kans om as 2024 se wenners aangewys te word.

Die beoordelaarspaneel vir al drie geleenthede was die sangeres en aktrise Augusta Zietsman, Jaco van der Merwe (Bittereinder/Walkie Talkie) en Paul Riekert (Battery 9). Henco Harmse (Spotify) was die gasbeoordelaar by die eerste semi-finaal, Karen Zoid by die tweede en Jolyn Phillips en Pretoria-kunstenaar Zaan Sonnekus by die finaal.

Sonnekus het ook by laasgenoemde as gaskunstenaar opgetree, terwyl die wenners van verlede jaar se kompetisie, PARKIEGRA$, De Pozi, Hendriek Bleik en SAMPAULE gaskunstenaars was tydens die semi-finaal.

– Kliek hier om na die groep te luister:

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? 

Stuur gerus vir ons ‘n epos na  bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button