Local newsNews

Centurion-skole het die meeste gees in Pretoria

Altesaam 19 organisasies het gebaat by 'n kompetisie van 'n radiostasie wat op soek was na die twee skole in Pretoria wat die meeste gees kon vang.

Altesaam 19 skole het vanjaar aan ’n radiostasie se Skool met die GROOTste Gees-kompetisie op 10 Oktober en 6 November deelgeneem.

Die laer- en hoërskool wat elk weggestap het met die R50 000-wenprys, was onderskeidelik Laerskool Bakenkop en Hoërskool Eldoraigne.

GROOTfm het in samewerking met Akademia, ATKV Oorde en Varnfield en Maritz Motors, die kompetisie aangebied.

Sonet Stofberg, woordvoerder van GROOTfm, verduidelik hierdie skole het tussen Februarie en Oktober geoefen.

Met die kompetisie moes elke skool hul algehele skoolgees wys met die uitvoering van liedjies en bewegings eie aan hulle skoolkultuur en repertoire.

Daarna het die skool ’n voorgeskrewe liedjie opgevoer.

Laerskool Bakenkop is aangewys as wenners in ‘n kompetisie om die laerskool met die meeste gees te vind.

Hierdie Gees-lied is deur omroeper en sanger, Francois van Rensburg, in samewerking met Arri Opperman, aan die leerders geleer.

Na die opvoering van die liedjies, het skole kans gekry om ook te wys hulle gee om vir die gemeenskap.

Elke skool kon ’n liefdadigheidsorganisasie kies en goedere op grond van die organisasie se behoeftes insamel.

’n Totaal van 109 211 goedere is deur die 19 skole ingesamel en tussen 19 organisasies versprei.

Nadat ’n span beoordeelaars hul rooipenne neergesit het, is ’n onafhanklike oudit deur Enslin and Associates behartig.

Altesaam 19 organisasies het gebaat deur skenkings van skole wat deelgeneem het aan die kompetisie om die twee skole aan te wys met die meeste gees in Pretoria.
Ivan Roux het by die wenskool Hoërskool Eldoraigne opgetree tydens die kompetisie om die wenskool met die meeste gees te vind.

Die aantal stemme wat in ’n luisteraarspeiling uitgebring is, sowel as die insameling van ’n organisasie, het ook ’n rol met die finale punte gespeel.

Projekkoördineerder, Annemarie Pretorius, sê: “Dit was nie maklik om een wenner in die twee afdelings te kies nie”.

’n Bedrag van R50 000 is oorhandig aan Dave du Plessis, hoof van Hoërskool Eldoraigne en Willie Fourie, hoof van Laerskool Bakenkop, plus ’n verdere R5 000-tjek van Akademia aan Laerskool Bakenkop vir die meeste luisteraarstemme.

– As jou skool wil deelneem aan die 2025-veldtog, stuur ’n e-pos na sonet@grootfm.co.za.

– Kliek op die Youtube-skakel om die Geeslied te sien: 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? 

Stuur gerus vir ons ‘n epos na  bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button