Video: ‘Klein Dirk van der Westhuizen’ van Centurion steel harte
'n Graad 1-leerder van Centurion het onlangs harte gesteel met sy oulike optrede van Dirk van der Westhuizen se liedjie 'Komeet'.
‘n Graad 1-leerder het onlangs harte gesteel met sy oulike optrede van Dirk van der Westhuizen se liedjie ‘Komeet’.
Laerskool Bakenkop in Centurion het onlangs sosiale media laat gons deur ‘n video van jong Maison Strydom, ‘n Graad 1-leerder, op die skool se Facebook-blad te plaas.
Maison het nie net die liedjie met passie aangepak nie, maar homself heeltemal in die optrede ingeleef.
Hy het selfs die dieselfde “moves” as Dirk uitgehaal.
Voor sy optrede het Maison die video begin deur die optrede aan sy onderwyseres, Mev. Tertia, op te dra.
Volgens die Facebook-plasing is Maison soms te skaam om op die verhoog te sing of te dans, maar wanneer hy in sy eie omgewing is, is hy ‘n “klein Dirk”.
“Dirk weet hoe mal hy oor hom is en het hom selfs kaartjies gegee om Krone verlede jaar te gaan kyk en hom al op die verhoog geroep.”
“Hy geniet dit om saam met sy ouers Dirk se optredes by te woon.”
“Hou aan sing, Maison, ons glo jy gaan die volgende groot sanger wees wat Dirk kom kyk.”
Lees ook: Snotkop spoor jong Pretoria-seun op na Krone plakkaat
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie?
Stuur gerus vir ons ‘n epos na bennittb@rekord.co.za of skakel ons by 083-625-4114.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie.
